Die winter is op ons en die staat van inperking nog nie naby ‘n einde nie. Om kinders binne besig te hou raak meer en meer ‘n uitdaging. Om nie eers te praat van die kopseer om vir hulle ‘n uitlaat klep vir hul energie te gee nie.
Ek het met julle ‘n ruk terug die eerste week van 1-minuut gesins-fiksheidsuitdagings gedeel. Intussen het dit uitgebrei na 5 weke van 1-minuut uitdagings. Gaan loer gerus by www.youtube.com/channel/UC6eCstoI7Gqnb0NxlnUyYgg?.
Al die uitdagings kan in ‘n beperkte ruimte en met die minimum benodigdhede gedoen word. En is bedoel dat selfs die jongste lede van die gesin kan deelneem aan die pret. Julle kan elke dag 1 van die uitdagings doen of string ‘n paar dae saam en hou een dag ‘n gesinspele!