Posts Tagged With: covid-19

Skool tuis

Op die oomblik voel baie ouers oorweldig. Die een helfte is oorweldig met die baie werk wat die skool huis toe gestuur het. Baie gesinne is nie ingerig om dit als tuis te doen nie. Hulle het nie noodwendig internet beskikbaar (of ‘n konneksie wat vinnige genoeg is vir al die lesse op Zoom ens nie) of ‘n drukker met ink en papier nie. Of dalk is jy ‘n noodsaaklike dienste werker wat nie heeldag tuis is om skoolwerk met jou kind(ers) te doen nie. Die ander helfte is oorweldig juis omdat die skool nie werk gestuur het nie en hul benoud is dat hul kinders agter gaan raak. Lees voort

Categories: Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , | 3 Kommentaar

Bly beweeg

Dit is al 4 weke wat skool en ander aktiwiteit gesluit het vir kinders. Kinders sit dus al vir ‘n lank tyd tuis. Dit is ‘n baie ernstiger probleem as wat mense dalk besef.

Een van die groot uitdagings wat kinders immers deesdae het is dat hulle nie fisies sterk genoeg is vir formele leer nie. Dit is dus belangrik om maniere te vind om in die tyd tuis hulle aan die beweeg te kry / hou. Bietjie oefening help natuurlik ook om gemoedere te lig. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Uncategorized | Sleutelwoorde: , | 1 Kommentaar

Ontspan tydens die “lockdown”

Ek volg met kommer al die ouers, onderwysers en selfs departement wat maniere vind om skool werk met kinders tuis te doen.

Die eerste ding van dit wat ek glad nie verstaan nie is dat die skool kalender reeds aangepas is. Vakansies later die jaar is korter gemaak en kinders sal dus nie ‘n dag skool mis nie. Nou met die verlengde “Lockdown” tyd mag dit dalk begin lol. Maar feit is dat kinders nou die beste van die vakansie moet maak, want later in die jaar gaan dit knetter. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , | 1 Kommentaar

Benut die COVID-19 “vakansie”

Ek weet met die skielike lang vakansie is baie ouers bekommerd dat hul kinders se skoolwerk gaan agter raak. As jy wel in die tyd self kan tuis wees is dit die ideale tyd om dit wat die kinders by die skool geleer het prakties te maak en so te verseker dat hulle ‘n voorsprong in die nuwe nuwe kwartaal het.

Meting is iets waarmee kinders dikwels sukkel. As hul dit egter eers prakties gedoen het is dit soveel makliker om te verstaan. Hier is ‘n paar idees om dit tuis te doen. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , | Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.