Edusense het ‘n heerlike gratis boekklub waarby mens kan aansluit (https://web.facebook.com/SimplyEdusense/photos/a.1054050167999794/3834619913276125/). Dit is via Telegram beskikbaar wat dit moontlik maak om als wat gelaai is te kan sien al sluit jy eers later aan. Ek het sommer Telegram op my rekenaar gelaai, om dit makliker te maak om aktiwiteite te druk.
Ons het bietjie laat eers aangesluit en is nog agter. Gelukkig kan jy teen jou eie spoed werk. Die boekklub gebruik ‘n Engelse storie wat ek sommer vir die oudste 2 inspan om hardop lees te oefen.
Ons het egter ook al die oudioboek ingespan om na te luister terwyl ons by aktiwiteite wag.
Daar is ook heerlike aktiwiteite om te doen saam met die storie en so meer te leer van verskillende diere. My kinders geniet dit baie.
Ons het ook die laaste tyd besoek van muise gehad. Eers ‘n klaasneus / spitsneusmuis / olifantmuis (wat nie ‘n knaagdier is nie). Aarde so ‘n diertjie kan piepie om jou te probeer afskrik. Later het 2 astrante streepmuise sommer in geglip, terwyl ons sit en werk het by die tafel. Een kon ons maklik uit kry, maar die ander het gevries en wou nie eers uithol as jy dit probeer uitstoot nie. Die 2 is baie bedrywig in ons tuin en tot my seun se ontsteltenis het hulle sy tamatie bedding ontdek.
Dit als maak dan ons die muisstorie sommer net nog meer geniet!