Posts Tagged With: gratis

‘n Tydlyn vir lewende geskiedenis

Ons volg ‘n lewende boek benadering van leer. Die voorlees van goeie lewende boeke vorm dus die ruggraat van hoe die kinders leer. Dit is ongelooflik hoe baie feite kinders leer uit stories wat ‘n historiese agtergrond het. (Dieselfde geld natuurlik van die natuur, ons wêreld – aardrykskunde ens.).

‘n Paar jaar terug het ek op ‘n tydlyn afgekom (nogal in Afrikaans) wat van Adam tot 2000 nC strek. Dit kan gratis afgelaai word of in gedrukte formaat gekoop word. Die jaar het die manjifieke stukkie werk ‘n plek teen ons muur gevind. En sommer soos die Engelse se ‘n “conversation piece” geword. Almal steek voor dit vas en leer sommer so ‘n bietjie interessante geskiedenis in die proses.

IMG_3526

Ons het die jaar begin om die boeke wat ons oor ‘n spesifieke periode of gebeurtenis lees op die tydlyn te merk. So kry die kinders ‘n gevoel van die groter prentjie. Tans is ons fokus nog baie Suid-Afrikaanse geskiedenis (wat maar ‘n klein fraksie van die tydlyn uitmaak). Tog is dit ook interessant om soos ons deur die Bybel lees ook te sien wanneer iets plaas gevind het en watter ander dinge daardie tyd in die wêreld aan die gang was.

Tydlyn

Omdat my knaap mal is daaroor om nuwe dinge uit te dink, ontwerp en bou het ek ook ‘n klompie uitvinders en wetenskaplikes teen dieselfde muur geplak (Almal gaan ek nie ingepas kry in die stukkie meer moderne geskiedenis nie!). Dit is vir hom fassinerend om te lees van hoe hul dinge ontdek het en waarmee hulle gespook het om daar uit te kom.

Die knaap het seker al ‘n stuk of 10 verskillende “fidget spinners” vir homself gebou.

iPhone55

Wat doen julle om geskiedenis lewendig te maak vir jul kinders en deel sommer ook met watter oulike projekte en idees jul kinders vorendag kom op https://www.facebook.com/lomiwales . 

Advertisements
Categories: Graad 2, Graad 4, Ons lees, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,,,,,, | Lewer kommentaar

Verse oor vrees nie

Stres en bekommernis het so deel van die alledaagse lewe geword dat ons maklik vergeet dat die woord van God ons juis maan om slegs vir God te vrees. So sien ek ‘n ruk terug ‘n Facebook prent dat daar 365 verse (een vir elke dag) is dat ons nie moet vrees nie.

So begin my Bybelstudie op die spoor van die verse. Daar is ‘n boek geskryf “Fearful To Fearless” met 365 verse en daarmee saam ‘n 365 Fear Nots: Verse Of The Day. Self kon ek nog nie al die verse vind nie. Ek het 149 verse gevind plus nog ‘n klompie waar ‘n engel aan die woord is, maar dis nog maar half pad na die volle lys.

Tog is dit ongelooflik om die verse te lees en te weet ons hoef niks te vrees nie. Laai gerus die 149 verse oor vrees nie wat ek gevind het af. Ek gebruik dit ook in die kinders se Bybelstudie en omdat hulle tans besig is om vasteskrif te leer het ek 25 van die verse  vir hulle gedruk as skrif oefeninge. Dis ongelooflik hoeveel makliker dit vir kinders is om die verse deel van hulle te maak.

vrees nie

Categories: Graad 3, Gratis drukstukke, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,,,,, | Lewer kommentaar

Geheime kode

Ek sien vanmore die idee van geheime kodes maak en toe moet ons dit net vandag doen! My knaap is immers versot op geheime kodes en enige iets wat net naby bende-agtig klink. En ek is versot op enige aktiwiteit wat somme, lees en skryf sommer saam kombineer!

iPhone19

Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Gratis drukstukke, Tuisonderrig, Uncategorized, wiskunde | Sleutelwoordw: ,,,,,,,,,,, | 2 Kommentaar

Weer skootboek

Ons is besig om meer te leer van die weer. Die meeste van die leer gebeur eintlik sommer so tussen ons dag se dinge deur. Ons identifiseer wolke en watter weer gewoonlik op hulle volg. Die kinders moet elke dag die weer op ‘n grafiek aandui. Weer en klimaat is so deel van die alledaagse dat mens dit dikwels nie eers oplet nie.

Daar is soveel heerlike dinge om van te leer oor die groot onderwerp. Ons het lank terug ook na weer gekyk en voorheen al ‘n weerkaart gehad.

iPhone10

Ek het meeste van die werksblaaie gekry by http://www.inallyoudo.net/?s=weather, http://www.3dinosaurs.com/wordpress/index.php/free-weather-pack/ en http://www.123homeschool4me.com/2012/04/free-weather-unit-for-ages-3-9.html.

Ek het ook ‘n Afrikaanse weer blokkiesraaisel en weer woordsoek geskep.

Ons gaan nog ‘n rukkie met die weer besig wees. Wie weet dalk volg daar later nog ietsie wat ons kan deel.

Loer gerus na die interessante video oor hoe wolke hul name gekry het.

Categories: Graad 1, Graad 3, Gratis drukstukke, skootboek, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,,,,,, | 1 Kommentaar

Kringetjies-en-kruisie somme

Gister vind ek my 6 en 8 jarige pens en pootjies bo-op die tafel besig met ‘n speletjie. Ons knaap het ‘n nuwe speletjie uitgedink en die twee geniet hul gate uit.

Hulle moes eers vir my die speletjie verduidelik. Dit werk op die konsep van kringetjie-en-kruisies waar jy 3 in ‘n ry moet kry. Buiten dat vir die spel moet jy om die beurt op elke blokkie ‘n 1/2/3/4 skryf. Om ‘n ry vol te maak moet die som van die 3 getalle 10 wees. Hulle het ‘n hele bladsy vol van die “somme” gemaak voor ek hulle ontdek het. Wat ‘n vreugde as die oudste die jongste sommer leer. Lees voort

Categories: Graad 1, Graad R, wiskunde | Sleutelwoordw: ,,,,, | 4 Kommentaar

Maak jou eie 2-in-1 waspoeier

Vandat ek maar kan onthou was my ma met Ecosoft waspoeier. Vir ons klomp allergie siele het dit nog altyd gewerk. Ek het egter nie besef presies hoe wonderlik dit werk tot dit die jaar van die mark af gegaan het nie. Ek is verbysterd hoe swak meeste waspoeiers werk. Duidelik was ek bederf.

Skielik kan ek nie meer ‘n vol bondel in my 14kg wasmasjien skoon kry nie. Dit was egter nie die groot probleem gewees nie. My knaap was. Soos sake staan moet ek toe uitvind hy is allergies vir die meeste waspoeiers. Ek sê meeste, want dalk is daar iewers een daar buite wat vir hom sal werk. Tot dus ver kon ek dit egter nog nie vind nie. Dankie vir oulike vriendinne wat vir my bietjies gegee het om uit te toets. Van die lot het Bio-classic sy neus die minste ontstel. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag | Sleutelwoordw: ,,,,,,,, | 7 Kommentaar

Boere Carbonara

Ons het die tradisie om op spesiale geleenthede soos verjaarsdae en herdenkings ietsie spesiaal op te dis en dan die tafel mooi te dek. Die jaar het daar egter ‘n paar spesiale geleenthede verby geglip, sonder dat ons dit kon doen. Bloot omdat ons geluk net so was dat ‘n spul van ons elke keer siek was.  Lees voort

Categories: Bak en brou | Sleutelwoordw: ,,, | Lewer kommentaar

Wiskunde programme

Ons Mathlatics subskripsie vir die jaar het geëindig. Met die dat ons knaap so ver vooruit gewerk het het ek besluit ons gaan eers vir ‘n rukkie kyk wat is daar nog alles beskikbaar en ‘n paar proewe doen. Die kinders is natuurlik mal oor die veranderings. Elke program het immers sy eie uniekheid en nuwe lekkerte.

Ek het gedink ek deel met julle wat ons al ontdek het (ek sal later nog ‘n skrywe of 2 skryf oor ander wat ons probeer, want die lys van opsies is net te lank!) Lees voort

Categories: Graad 2, Graad R, wiskunde | Sleutelwoordw: ,,,, | 3 Kommentaar

Slak Skootboek

2014-08-08-1431

My kinders was nog altyd absoluut gek oor slakke. Hulle dra hulle rond, speel met hulle en red hul al te dikwels uit die huis. (Dalk maak dit weer op vir al die wat seer kry in die proses.) Ons moes seker lankal meer oor die slymerige gediertes geleer het. Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 1, Gratis drukstukke, Kunsvlyt, skootboek, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoordw: ,,,,, | 7 Kommentaar

Kameel skootboek

Ons het “Die Singende gras” deur Freda Linde gelees en vreeslik baie geniet. Die storie speel in Suidwes (Namibie) af en dit was ‘n ideale kans om meer oor kamele te leer. Lees voort

Categories: Graad 1, Gratis drukstukke, skootboek, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoordw: ,,, | 2 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.