4

Kringetjies-en-kruisie somme

23 September 2015
Share

Gister vind ek my 6 en 8 jarige pens en pootjies bo-op die tafel besig met ‘n speletjie. Ons knaap het ‘n nuwe speletjie uitgedink en die twee geniet hul gate uit.

Hulle moes eers vir my die speletjie verduidelik. Dit werk op die konsep van kringetjie-en-kruisies waar jy 3 in ‘n ry moet kry. Buiten dat vir die spel moet jy om die beurt op elke blokkie ‘n 1/2/3/4 skryf. Om ‘n ry vol te maak moet die som van die 3 getalle 10 wees. Hulle het ‘n hele bladsy vol van die “somme” gemaak voor ek hulle ontdek het. Wat ‘n vreugde as die oudste die jongste sommer leer.

DSCF9406Ek reken natuurlik dat mens baie variasies op die spel kan speel. Jy kan besluit watter getalle tussen 0 en 9 (of almal) gebruik kan word. En die som van ‘n ry kan natuurlik ook telkens verskil (enige iets kleiner as 27). Ek het die skets gemaak van hoe dit sou lyk as jy getalle van 1 tot 9 gebruik en somme van 10 probeer maak. Swart en rooi is die 2 spelers.

speletjie

Dalk is daar nog kinders wat die spel sal geniet. (En sommer ‘n bietjie wiskunde doen in die proses)

Gaan loer ook sommer by http://nrich.maths.org in vir nog lekker wiskunde speletjies. My 2 het dotty six baie geniet.