4

Olimpiades en dinge

25 September 2015
Share

Ons knaap is nog altyd gek oor syfers. Hy’s die tipe kind wat by die Playball sou staan en tel hoeveel maats daar is en of die juffrou genoeg vorms uitgesit het. Of die boontjiesakke sou tel en besluit daar is genoeg, sodat elkeen 2 kan kry. Dis net hoe sy kop werk.

Om die rede is ek altyd opsoek na nuwe uitdagings vir hom. Iets lekkers wat sy ratte so bietjie sal laat draai. So het ek toe hy 6 was op die World Education Games afgekom. Daar is ‘n paar dae voor die offisiële Spele wat die kinders die platform beter kan leer ken. Dit word gevolg deur 3 dae van die amptelike Spele. Een vir wiskunde, een vir geletterdheid en een vir wetenskap. 
Ons kon nie destyds die wetenskap doen nie (dit was nie versoenbaar met Linux nie), maar hy het die geletterdheid en wiskunde gedoen. Dis bietjie anders vir ons 2de taal siele om deel te neem aan die geletterdheid, omdat ons kinders se taal een tot 2 jaar agter eerste taal kinders is. Tog kon hy ‘n klompie punte bymekaar maak, al kon hy nie al die vlakke doen nie.

Die wiskunde het hy SO baie geniet. Hy was hartseer toe dit verby was. Vir die wiskunde gebruik hulle die konsep van Live Mathletics. Dit is dan ook hoe ons uiteindelik geregistreer het vir Mathletics, na ons ‘n verdere 2 weke proef gedoen het. Vir die World Maths Day moet hul soveel somme moontlik probeer beantwoord in 60 sekondes. Daar is dan verskillende vlakke van moeilikheidsgraad. As hul net van die vlakke voltooi, ontvang hul ‘n deelname sertifikaat en as hul al die vlakke voltooi ‘n “distinction award”.

DSCF9424b
Die volgende World Education Games vind van die 13de tot 15de Oktober plaas. Dit vind net elke 2 jaar plaas, so moet dit nie misloop nie!

Ons volgende groot ontdekking was toe die Living Maths Olimpiade. Dit is vir graad R tot 9 kinders en kos R5 om in te skryf. Die vrae is van maklik tot uitdagend gerangskik – om alle kinders aan te moedig om wiskunde te geniet. Jy druk dan ook self hulle sertifikate. Ons het toe die eerste jaar ontdek dat hulle vir die top 3 in elke graad ook ‘n sertifikaat en sakrekenaar pos. Nie dat my toe 6jarige veel van die toekenning gedink het nie. ‘n Stukkie papier het hom glad nie beïndruk nie. Laas jaar was hy egter bitter trots op sy 2de sertifikaat. Sus was so geïnspireer deur hoeveel hy die somme geniet het toe hy die dag geskryf het dat sy ook saam wou skryf, al was sy nog nie graad R nie. En sy het dit ook baie geniet.

Die jaar se Living Maths Olimpiade vind tussen die 12de Oktober en die 16de November plaas. Moet dit nie misloop as jy ‘n wiskunde mal kind in die huis het nie. Of dalk sommer net een wat gemotiveer word deur ‘n bietjie kompetisie. Beter nog maak ‘n paar maats in jou omgewing bymekaar en skryf saam in. Ons het dit laas jaar gedoen en beplan om dit die jaar weer so te doen.

DSCF6539bLaas jaar ontdek ek toe dat daar ‘n landswye groep is vir tuisonderwys gesinne om aan die Conquesta olimpiade (vir graad 1 tot 7) deel te neem. Dit was nogal ‘n uitdaging met ons posdiens saam. Om die rede het ons eerder die jaar ‘n kleiner groep vir ons area gevorm, sodat ons van koerier dienste gebruik kon maak. Mens hoef gelukkig nie baie gesinne te wees wat dit saam doen nie. ‘n Groep met net ‘n minimum van R400 inskrywingsfooi hê. Dit kos R14 per kind plus R12 vir elke vak. As ‘n kind dus al die vraestelle vir sy graad skryf kos dit tussen R74 (graad 1 – 3) en R146 (graad 7). Groter gesinne behoort dus op hul eie te kan inskryf.

In my opinie is Conquesta nie ‘n olimpiade in die ware sin van die woord nie. Die vraestelle is gebaseer op ‘CAPS’ en bied nie meer uitdaging as dit wat in die leerplan behandel word nie. Vir ons is dit egter ‘n goeie manier om te sien hoe ons kinders vaar. Amper soos ‘n rapport vir die jaar. Net sonder die druk van toetse en eksamens, want die kinders sien dit as net nog ‘n werkvel. Juis omdat ons nie regtig kurrikulum vas werk nie, help dit my om te ontspan, deur te weet ons meer ontspanne benadering is steeds voldoende.

Die jaar se Conquesta olimpiade het reeds plaas gevind en ons wag nog net vir die resultate. Inskrywings vir volgende jaar sluit die 29ste May 2015.

DSCF9425bEn as jou kind nou nie die wiskunde of geletterdheid ster is nie, is daar altyd nog die Eisteddfod waarby hul kan uitblink. Hier in die kaap hou die Cape Home Educators hul eie Eisteddfod. Mens kan egter ook inskakel by die Eisteddfod’s in jou omgewing of deesdae selfs aanlyn deelneem.

201537Ek dink dis wonderlik dat daar geleenthede is vir ons kinders om ook van buite erkenning te kry.