Ek sien vanmore die idee van geheime kodes maak en toe moet ons dit net vandag doen! My knaap is immers versot op geheime kodes en enige iets wat net naby bende-agtig klink. En ek is versot op enige aktiwiteit wat somme, lees en skryf sommer saam kombineer!

iPhone19

Ek het 2 teksverse gebruik wat hulle moes ontsyfer. Jes 43:4a “omdat jy vir my kosbaar is” en Jes 64:8b “ons is almal die werk van U hande”. Vir ons 7jarige het ek optel en aftrek somme gebruik en vir die 9jarige maal en deel somme (en ‘n paar optel en aftrek somme).

Trek gerus die drukstuk met Geheime kode verse af. Vir ons kode was A by 1 (vir hulle het ek gesê om dit so op te stel dat T 20 is en vir die ander een M 13, net om dit bietjie meer pret te maak). Die skuif stuk kan egter links of regs geskuif word, sodat A bv 2 is of 26. Ek het onderskeidelik 25 en 2 by geskryf aan die linker en regterkant van hul stroke, sodat dit meer geskuif kan word.

Die res van die middag het hulle tussen die speel deur vir my geheime boodskappe geskryf. Wat ‘n heerlike manier om die week se leer en ontdek af te sluit.