Ons is besig om meer te leer van die weer. Die meeste van die leer gebeur eintlik sommer so tussen ons dag se dinge deur. Ons identifiseer wolke en watter weer gewoonlik op hulle volg. Die kinders moet elke dag die weer op ‘n grafiek aandui. Weer en klimaat is so deel van die alledaagse dat mens dit dikwels nie eers oplet nie.

Daar is soveel heerlike dinge om van te leer oor die groot onderwerp. Ons het lank terug ook na weer gekyk en voorheen al ‘n weerkaart gehad.

iPhone10

Ek het meeste van die werksblaaie gekry by http://www.inallyoudo.net/?s=weather, http://www.3dinosaurs.com/wordpress/index.php/free-weather-pack/ en http://www.123homeschool4me.com/2012/04/free-weather-unit-for-ages-3-9.html.

Ek het ook ‘n Afrikaanse weer blokkiesraaisel en weer woordsoek geskep.

Ons gaan nog ‘n rukkie met die weer besig wees. Wie weet dalk volg daar later nog ietsie wat ons kan deel.

Loer gerus na die interessante video oor hoe wolke hul name gekry het.