Ons weerkaart van ‘n paar jaar terug het al beter dae gesien. Ek het dus gedink dis hoog tyd om ‘n nuwe een aanmekaar te slaan. Gelukkig is die ou lêer nog op my rekenaar en kan ek dit net weer uitdruk en spoeg en plak.
Dit is ‘n eenvoudig weerwiel waarop ek wysers vas sit. Ek het 2 wysers op gesit, want hier in die kaap kry mens mos 4 seisoene in ‘n dag. Eintlik is dit net sodat die kinders kan aandui of daar wind, mis of ‘n reënboog saam met die sonskyn/wolke/reën voorkom.
Laai gerus die prent af en maak jou eie:
Dit is baie oulik! Ons gebruik iets soortgelyks maar met net een wyser. Die seuns moet dan kies wat is die oorwegende faktor (wind, sonskyn, bewolk, reen, ens.) vir die dag. Soos die weer deur die dag verander, verander die seuns die wyser ook, sonder dat ek hoef te vra wat vir my genoeg bewys is dat hulle definitief oplet wat om hulle aangaan.