Ek het die 2 ongelooflikse Usborn aktiwiteitsboeke by die biblioteek ontdek. En dit nog op die perfekte tyd, want die woelwaters is juis op die oomblik in die kreatiewe fase. Hulle is konstant besig om prente te teken of goedjies te maak. Ek het al redelik moed op gegee om te probeer om die eetkamertafel snipper-vry te kry.
Ek hoop regtig dat ek iewers nog tweedehandse kopieë van die boeke sal raak loop. Die internet is propvol oulike idees, maar dit is net nie dieselfde as om deur ‘n boek te blaai nie!
So saam met dit het ons ‘n skootboek oor muise aangepak. Sommer so ‘n vinnige, geen moeite een. Meeste van die boeke wat ons nou lees gaan oor ons land en sy geskiedenis en ek is nie so heel kreatief om rondom dit skootboeke uit te dink nie. Daarby raak dit soms uitputtend om alles in Afrikaans te moet vertaal of self te skep.
Die keer het ek niks self gemaak nie. Ek het besluit dat die Engelse skootboeke deel van hulle Engelse lesse sal word. Ek vertaal nog waar nodig en so leer hulle regtig ‘n klomp vaardighede op een slag.
Ek het van die aktiwiteite uit If You Give a Mouse a Cookie Lapbook. Verder het ons interessante inligting gekry op http://www.onekind.org/education/animals_a_z/mouse en http://a-z-animals.com/animals/mouse/ en sommer net ander oulike idees en werkblaaie wat ek op die net raak geloop het.
Die goedjies wat hulle maak,lyk so oulik!Laat my verlang na die dae toe my kinders nog op daardie kreatiewe stadium was.Altyd lekker om by jou te loer.
Dankie, ek geniet dit net so om te sien waarmee hulle vorendag kom 🙂