Ek het al ‘n hele klompie “busy bags” vir die kinders gemaak ook die jare (soos die vir wiskundeen letter erkenning). Dis handig om klein aktiwiteite te hê wat hulle van tyd tot tyd kan uithaal en weer mee speel.
Ek het egter nog niks vir ons jongste peuter gemaak nie. Toe ‘n ruk terug ontdek ek die oulike idee op die internet deur Mamiblock en ‘n kleinerige boks en besluit dit is tyd dat sy iets kry. Sommer handig om saam te vat op ‘n uitstappie ook.
Op die ou end het die ander kinders sommer saam gespeel. Ek vermoed ek gaan later nog ‘n paar van haar idees dief en nog aktiwiteitsbokse maak.
Dit lyk te oulik!