Posts Tagged With: woordsoek

Weer skootboek

Ons is besig om meer te leer van die weer. Die meeste van die leer gebeur eintlik sommer so tussen ons dag se dinge deur. Ons identifiseer wolke en watter weer gewoonlik op hulle volg. Die kinders moet elke dag die weer op ‘n grafiek aandui. Weer en klimaat is so deel van die alledaagse dat mens dit dikwels nie eers oplet nie.

Daar is soveel heerlike dinge om van te leer oor die groot onderwerp. Ons het lank terug ook na weer gekyk en voorheen al ‘n weerkaart gehad.

iPhone10

Ek het meeste van die werksblaaie gekry by http://www.inallyoudo.net/?s=weather, http://www.3dinosaurs.com/wordpress/index.php/free-weather-pack/ en http://www.123homeschool4me.com/2012/04/free-weather-unit-for-ages-3-9.html.

Ek het ook ‘n Afrikaanse weer blokkiesraaisel en weer woordsoek geskep.

Ons gaan nog ‘n rukkie met die weer besig wees. Wie weet dalk volg daar later nog ietsie wat ons kan deel.

Loer gerus na die interessante video oor hoe wolke hul name gekry het.

Advertisements
Categories: Graad 1, Graad 3, Gratis drukstukke, skootboek, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,,,,,, | 1 Kommentaar

Wiele skootboek

Ons het so lank terug die skootboek oor wiele gedoen dat ek amper al daarvan vergeet het. Ons knaap was gefasineer deur die onderwerp en ons het net nog en nog boeke daaroor gelees. Dit was egter ook die eerste keer dat die 2 rakkers nie naastenby dieselfde skootboek gemaak het nie. Sus het net 1 vel voltooi, sy kon net nie vat kry aan die onderwerp nie. Vir haar het ons weer oor blomme opgelees, wat nie juis die knaap se aandag getrek het nie.

Die lekkerste was waarskynlik vir hom die eksperiment oor hoe die omtrek van ‘n voertuig se wiel gebruik word om die afstand wat dit gery het te bepaal en natuurlik ook die spoed waarteen dit ry. Hy het sommer ook geleer dat groot wiele nie so baie keer hoef te draai om dieselfde afstand as klein wiele af te lê nie. 20159 Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 2, Gratis drukstukke, skootboek | Sleutelwoordw: ,, | 2 Kommentaar

Perde skootboek

Julle het dalk al gewonder hoekom ek nog nie weer een van ons skootboeke gelaai het nie. Wel hier is die rede daarvoor:

DSCF7446 Lees voort

Categories: Graad 2, Graad R, Gratis drukstukke, skootboek, Tuisonderrig | Sleutelwoordw: ,,,,, | 13 Kommentaar

Blog at WordPress.com.