Graad 6

Graad 4-7 Wiskunde in ‘n Neutedop

Wiskunde is ‘n unieke taal. Dit bevat terme wat ons nie algemeen in ons gebruikstaal inspan nie. Dit beteken ongelukkig ook dat kinders dikwels met wiskunde spook bloot omdat hul nie verstaan wat van hulle verwag word nie.

As iemand vir jou eenvoudige vrae soos “Wat is jou naam?” “Hoe oud is jy?” of “Waar woon jy?” in Kantonees gaan vra gaan jy dit nie kan beantwoord nie (wel buiten nou as jy wel Kantonees verstaan). Dit is nie omdat jy nie die antwoorde ken nie, maar bloot omdat jy nie weet wat gevra word nie.

Wiskunde is dieselfde. Ons kinders het alte dikwels bloot net nie die woordeskat om te verstaan wat van hulle gevra word nie. Daarom het ek Graad 4-7 in ‘n Neutedop geskep. Dit bevat al die belangrikste woordeskat wat kinders nodig het om wiskunde baas te raak. Daar is ook visuele voorstellings in om dit makliker maak om die begrippe te verstaan.

In net 22 bladsye kan jy seker maak jou kind het die nodige gereedskap om ‘n wiskunde vraestel aan te pak. Dit is ook perfek om deur te werk en seker te maak jou kind verstaan die nodige begrippe om oor te skuif na hoërskool wiskunde en dit met selfvertroue aan te pak.

Dit maak nie saak watter wiskunde pakket jy gebruik nie, hierdie sal jou help met die Afrikaanse terme. Of dalk volg julle ‘n kind georiënteerde (“unschooling”) tuisskool benadering en het ‘n opsomming nodig van die belangrike begrippe.

Graad 4-7 in ‘n Neutedop kos slegs R20. Om dit te bestel gaan na Somme(r) pret / Number Ad(d)venture.

Categories: Graad 4, Graad 5, Graad 6, Graad 7, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , , , , , , | Lewer kommentaar

Maaltafel hoofbrekings

Maaltafels leer het die vermoë om een vet kopseer te word. Omdat dit so baie gebruik word in verskillende somme (nie net maal en deelsomme nie, maar ook ekwivalent breuke, faktorisering, oppervlak berekeninge ens) probeer ons gewoonlik om kinders te kry om so gou moontlik hul maaltafels te onthou.

Die probleem daarmee is dat ons dikwels in die proses wiskunde angs veroorsaak. Ons sit te veel druk op en gebruik spoedtoetse om kinders te probeer aanmoedig. Ongelukkig veroorsaak dit te veel stres vir baie kinders. En ‘n negatiewe assosiasie met wiskunde wat lewenslank ‘n invloed op hul verhouding met wiskunde kan hê. Lees voort

Categories: Graad 4, Graad 5, Graad 6, Graad 7, Uncategorized, wiskunde | Sleutelwoorde: , , | 2 Kommentaar

Hoogtepunte van 2019

So het nog jaar verby gevlieg! Elke jaar voel dit vir my asof ons nie veel bereik het nie. En dan gaan sit ek om ons hoogtepunte neer te skryf en staan verstom. Hierdie uitstappie help my om perspektief oor die jaar te kry. Om nuwe moed vir die nuwe jaar en sy uitdagings te skep. Dis so maklik om terwyl mens in die jaar en sy dinge vasgevang is dit mis te kyk wat ons als bereik het. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Graad 4, Graad 6, Graad R, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , | 1 Kommentaar

Leeslys van ‘n 12-jarige seun

Ek bly verstom dat die knaap waaroor ek so bekommerd, omdat hy laat begin lees het nou so ‘n storm los lees. Hierdie jaar het ek hom uitgedaag om meer Engelse boeke te lees en hy het ingespring en dit gedoen. Hy’t 171 boeke in 2019 gelees, waarvan 36 Engels was. Lees voort

Categories: Graad 6, Ons lees, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , | 1 Kommentaar

Op ons boekrak 2019

IMG_8617

Ek kan nie glo dat nog ‘n jaar met al sy heerlike stories vinnig besig is om tot ‘n einde te kom nie. Elke jaar wonder ek of ons nie al die bron van goeie boeke uitgeput het nie, net om nog skatte te ontdek!

Die jaar het ons ‘n bietjie meer Engels ook in geglip, omdat ek my 10 en 12 jarige se Engelse woordeskat wil bou. Tog geniet ek dit steeds meer om in Afrikaans vir my kinders te lees. Lees voort

Categories: Graad 4, Graad 6, Graad R, Ons lees, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , , | 3 Kommentaar

Graad 4 tot 7 produkte

Ek het nou al gefokus op die voorskoolse en grondslagfase produkte wat ek beskikbaar het. Vir graad 4 tot 7 het ek nog nie so baie geskep nie. Die afdeling behoort stelselmatig te groei (2 van my kinders is immers tans in die grade).

Selfs met die ouer kinders is dit altyd belangrik om terug te keer na konkrete werk as hulle met nuwe konsepte begin. Moet dus nog nie die konkrete apparaat (soos tellers, blokkies en krale) wegpak nie! Lees voort

Categories: Graad 4, Graad 5, Graad 6, Uncategorized, wiskunde | Sleutelwoorde: , | 2 Kommentaar

Raak Vry (vervolg)

Ek het reeds geskryf oor hoe ons ons kan los maak van die klaskamer mentaliteit. Vir baie maak dit s’n ten opsigte van lees en skryf, maar dan kom die vraag altyd: Wat van wiskunde? Ons kan tog mos nie net wiskunde los nie! Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Graad 5, Graad 6, Graad R, Tuisonderrig, Uncategorized, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , | 1 Kommentaar

Nog wetenskap pret

Ons het die laaste 2 kwartale meer gestruktureerd probeer werk tydens ons Wetenskap Maandae. My vriendin wat meer biologie agtergrond as ek het het met die kinders “Exploring Creation with Human Anatomy & Physiology” begin behandel.

iphone21 Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Graad 5, Graad 6, Tuisonderrig, Wetenskap Maandae | Sleutelwoorde: , , , | Lewer kommentaar

Somme(r) Pret: Watter graad?

Die een vraag wat ek konstant kry vandat die Somme(r) Pret reeks beskikbaar is is vir watter graad is die verskillende boeke geskik.

sommer pret Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Graad 5, Graad 6, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , | 2 Kommentaar

‘n Kwartaal van eksperimente

So het die eerste kwartaal tot ‘n einde gesnel en staan ons al weer op die vooraand van ‘n nuwe kwartaal. Ons het laas kwartaal weer ‘n paar interessante dinge gedoen op ons wetenskap Maandae. Voor die nuwe kwartaal afskop wil ek dit graag met julle deel.

Ons het die jaar afgeskop deur te praat oor hoe ‘n regte eksperiment gedoen word. Dat jy eers kyk wat jy wil toets, dan besluit hoe jy dit gaan toets, wat jy dink gaan gebeur. Daarna volg die eksperiment. Laaste word gekyk wat gebeur het (of dan nou nie gebeur het nie) en hoekom jy dink dit so is. As ‘n voorbeeld het ons gekyk na die spoed waarteen papier helikopters val. Ons het die helikopters van http://paperairplanes.co.uk/heliplan.php en http://www.paperhelicopterexperiment.com gebruik. Die kinders het beurte gemaak om die helikopters te laat val, terwyl van die ander met stop horlosies moes meet hoe vinnig dit val. Telkens het 2 gemeet en dit was ‘n goeie les, omdat hulle kon sien dat elkeen se tye verskil het as gevolg van menslike foute. Ons het ook elke helikopter meer as eenkeer laat val, sodat hulle kon sien dat die omgewing ook ‘n invloed het. Aan die einde het ons gemiddeldes uitgewerk en gekyk watter helikopters die stadigste en vinnigste geval het. Ironies genoeg het die oorspronklike eenvoudige helikopters die stadigste geval. Die beste was toe ek aan die einde vir hulle verduidelik dat aan die einde van ‘n eksperiment mens alles van die begin hipotese tot die resultate en gevolgtrekkings alles moet dokumenteer. Hulle was nie beïndruk met die gedagte dat hulle dit dalk nou moes doen nie. Ons ma’s het lekker gegiggel. Duidelik geniet hulle die doen van eksperimente, maar nie die papier werk deel daarvan nie. Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Graad 5, Graad 6, Uncategorized, Wetenskap Maandae | Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , | Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.