0

Graad 4-7 Wiskunde in ‘n Neutedop

30 December 2020
Share

Wiskunde is ‘n unieke taal. Dit bevat terme wat ons nie algemeen in ons gebruikstaal inspan nie. Dit beteken ongelukkig ook dat kinders dikwels met wiskunde spook bloot omdat hul nie verstaan wat van hulle verwag word nie.

As iemand vir jou eenvoudige vrae soos “Wat is jou naam?” “Hoe oud is jy?” of “Waar woon jy?” in Kantonees gaan vra gaan jy dit nie kan beantwoord nie (wel buiten nou as jy wel Kantonees verstaan). Dit is nie omdat jy nie die antwoorde ken nie, maar bloot omdat jy nie weet wat gevra word nie.

Wiskunde is dieselfde. Ons kinders het alte dikwels bloot net nie die woordeskat om te verstaan wat van hulle gevra word nie. Daarom het ek Graad 4-7 in ‘n Neutedop geskep. Dit bevat al die belangrikste woordeskat wat kinders nodig het om wiskunde baas te raak. Daar is ook visuele voorstellings in om dit makliker maak om die begrippe te verstaan.

In net 22 bladsye kan jy seker maak jou kind het die nodige gereedskap om ‘n wiskunde vraestel aan te pak. Dit is ook perfek om deur te werk en seker te maak jou kind verstaan die nodige begrippe om oor te skuif na hoërskool wiskunde en dit met selfvertroue aan te pak.

Dit maak nie saak watter wiskunde pakket jy gebruik nie, hierdie sal jou help met die Afrikaanse terme. Of dalk volg julle ‘n kind georiënteerde (“unschooling”) tuisskool benadering en het ‘n opsomming nodig van die belangrike begrippe.

Graad 4-7 in ‘n Neutedop kos slegs R20. Om dit te bestel gaan na Somme(r) pret / Number Ad(d)venture.