My knaap is konstant besig om met dinge te eksperimenteer en te kyk hoe hy probleme kan oplos.
Hy het ‘n groot belangstelling in besproeiing gehad en nadat hy besproeiing vir ons en ons buurvrou in gesit het het hy allerhande planne gemaak hoe om op kleiner skaal ook plante nat te maak wat te ver weg was van ‘n kraan. Vir die stelsel het hy ‘n bottel gebruik en met ‘n fietspomp lug in gepomp om dit aan te dryf.
Toe eendag ‘n paar maande terug het ek die eksperiment van hom opgeneem waar hy wou kyk of hy die sproeier koppie kan aandryf uit die chemiese reaksie tussen koeksoda en asyn (ipv om te staan en pomp met die fietspomp).
Wel ek het uiteindelik tyd gehad om dit te verwerk. Kom loer na sy eksperiment en die wetenskap daar agter. [youtube https://www.youtube.com/watch?v=mMmgjt_tgyM&w=560&h=315]
1 Response
[…] Inventor Lab ongelooflik baie geniet en net so baie geleer in die proses. Hy het selfs een van sy eksperimente gedeel. Ons jongste is mal oor kuns en gaan deur papier teen ‘n spoed wat my asem wegslaan. Ek is […]