0

Resensie: Ontdek kos saam met NUK

4 October 2014
Share

DSCF5956

Ek was nog altyd mal oor NUK se produkte. Toe ek dus hoor dat  NUK ‘n splinter nuwe reeks produkte op die mark het en dat ek en Nien die voorreg gaan hê om van dit op die proef te stel, was ek vreeslik opgewonde. Dit het behoorlik soos ‘n verjaarsdag gevoel toe die pakkie, ewe mooi in ‘n NUK sak, hier af gelewer is. Ek moet net noem dat ek gek is oor hul verpakking. Geen mooi prentjie buite op ‘n boksie wat jou teleurgestel laat as jy dit eers oop gemaak het nie. Al die verpakking is deursigtig en jy kan duidelik sien wat jy gaan kry nog voor jy dit oopgemaak het. 

Ek gaan eers moet erken dat ons baie breekware breek in my huis. Sien ek het eerder gereeld ‘n gebreekte bord of beker en kan saans rustig slaap in die wete dat my kosbare kinders nie blootgestel is aan ongure plastiek nie. Deesdae is plastiek produkte in oorvloed, maar al te dikwels is dit nie van gehalte plastiek wat BPA vry is nie. Ons probeer dus waar ons kan dit net heeltemal vermy.

Met babas is dit natuurlik ‘n heeltemal ander storie. As jy wil hê hulle moet onafhanklike eters word, het hul nodig om self die kos te hanteer (wat onnodig om te sê  ‘n liederlike gemors afgee aan die begin). Plastiek eetgerei en “breekware” is dus onvermydelik. Die belangrikste ding is immers vir my dat dit BPA vrye plastiek moet wees, die res is tot ‘n groot mate bysaak. Dankie tog dat daar nog produkte soos die van NUK is wat mens met ‘n geruste hart kan gebruik.

20146-1

Ons 5 jarige was so opgewonde toe die NUK pakkie afgelewer is. Sy wou net dadelik alles oop maak en het vreeslik geoe en aah oor al die mooie kleure. Vir iemand soos ek wat mal is oor pers, en ‘n redelike hekel het in die stereotipiese pienk en blou, is die pers, lemmetjie groen en turkoois verfrissende kleure. My grootste stryd was om dit te kan uit toets. Sien ousus het dit heeltyd verduister om daarmee te speel. En nou dat dit al ‘n ruk in gebruik is is Nien mal daaroor om dit uit die kas te pak en met dit te speel. Wie kan hulle kwalik neem? Alles is pragtig!

Daar is iets anders wat mens egter dadelik opval as jy met al die bakkies en houertjies begin werk. Dit is dat dit verseker deur ‘n ma of pa ontwerp is wat al menigte ete aan ‘n baba en peuter lyfie moes voorsit. Dis nie sommer net nog ‘n bakkie of lepel nie. Dis produkte wat werk tot in die kleinste detail.

201410

Kyk byvoorbeeld na die “food pods”. Die stel van 6 bakkies kom in 3 groottes. 65ml, 75ml en 85ml. Wat beteken dat dit saam met jou begin etertjie groei. Ons is nou al verby die klein porsies, maar nou is dit weer net perfek om groente, vrugte, vleis en vele meer apart te bere. Hier is waar dit egter interessant raak. Elke deksel het ‘n gleufie in sodat ‘n volgende houertjie perfek op dit kan pas. Heerlik om die minimum spasie in die yskas op te neem. Dit beteken ook dat jy, terwyl jy ‘n houertjie gebruik sy eie deksel aan sy bodem kan vasmaak. Daar is dus nie ‘n gesoek na ‘n verlore deksel as jy klaar is nie.  Dit is die klein detail wat dit makliker maak vir ‘n besige ma.

DSCF5978

[youtube https://www.youtube.com/watch?v=XA8s4X7FYFY&w=420&h=315]

Al die eetbakkies het “nonslip” bodems, sodat dit nie op die tafel rond gly nie. Iets wat dit vir lomp kleine handjies baie makliker maak. Ongelukkig help dit nou nie dat sy nie alles oor haarself of die tafel uitgooi nie, as die gier haar beetpak nie. Maar dit is deel van haar ontdekkings reis en die hond is altyd te dankbaar vir enige krieseltjie wat op die vloer beland. Daar is ‘n grootte vir elke behoefte en genoeg vashou plek as jy dit die slag wou gebruik om jou baba te voer. Daar is ‘n klein en medium bakkie, ‘n bord of ‘n stel van 2 bakkies (1 klein en 1 groot) met ‘n lepel en vurk.

20148

Die grootste verrassing was egter vir my die lepel en vurk stel of Mini Cutlery Set soos hulle dit noem. Teen kind nommer 3 het ek al ‘n verskeidenheid babalepels. Selfs een wat ek nog mee gevoer is ‘n hele klompie jare terug. ‘n Lepel is tog maar ‘n lepel, of hoe? Toe ook nou nie. Die lepel en vurk lyk op die oog af soos enige ander baba lepel, maar begin jy haar daarmee voer besef jy dit werk net beter. Die lepel kom elke happie skoon/leeg uit haar mond. Iets aan die vorm en/of tekstuur werk net beter as die res wat in my laai lê. En die vurk is so dun dat sy dit met gemak kan gebruik. Natuurlik verdra sy nog net die voer vir klein rukkies. Dis veel lekkerder om self te probeer. Meeste van die kos beland nog oral behalwe in haar maag en na ‘n ruk kry haar vingers gewoonlik ‘n beur om dit beter te doen. Tog is die glimlaggies en kraaie van plesier ‘n duidelike teken dat sy dit geniet om ook soos die res van ons ‘n eie vurk en lepel te hê.

Collages-2

Die lepel wat saam met die “Weaning set” kom is weer heeltemal anders. Dit is nie juis ideaal vir voer nie, maar dit werk soos ‘n droom vir self eet. Dis baie diep, wat beteken die kos bly sit beter en val nie af lank voordat sy dit nog in haar mond kon kry nie. Ons het dit selfs al met puree uit probeer en buiten vir een hap wat gemors het kon sy die res alles self gehap kry. Wat meer kan ‘n ma voor vra?! Beide dit en die “mini cutlery set” se handvatsels is perfek vir klein handjies en nêrens is daar skerp punt wat ‘n gevaar in hou as sy dit rond swaai nie.

20147

Ek was die meeste opgewonde om die Snack box te toets. Ons spandeer heelwat tyd buite die huis en al te dikwels val dit oor ‘n ete van die kleine juffrou. Dis egter nie altyd so maklik om iets saam te karwy vir haar wat nie die wêreld vol gaan mors nie. Dis hoekom die houers vir my die briljantste uitvinding is. Klein vingerhappies kan met gemak uitgehaal word, maar as sy die houer omkeer of rond skud is alles nie oral versprei nie. NUK beveel dit eintlik eers aan vir kleuters, maar die klein juffrou het binne ‘n paar minute agter die kap van die byl gekom en self haar happies uit gehaal. Van die heel klein happies wat ek vir haar in die sit, bly alles nie altyd 100% in nie. Maar sy het al ‘n paar keer te heerlik daaruit gesit en eet terwyl ons vir die Woelwaters wag om klaar te maak met hul gimnastiek. Bonus is dat dit haar besig hou. (As ek natuurlik NUK se bemarking gedoen het sou ek erg uit gewei het oor hoe goed die houer is vir hand oog koördinasie ontwikkeling.)

[youtube https://www.youtube.com/watch?v=tFrh5jJyjiw&w=420&h=315]

Ek kan uitwei oor hoe oulik al die produkte is, maar ek dink dis duidelik uit al die foto’s hoe baie klein Nien van dit alles hou. Dit het haar selfvertroue aan tafel ‘n reuse hupstoot gegee.

20149

Dan is daar natuurlik die “Stain remover” waarvoor ek my asem opgehou het. Watter ma het nie al gespook om baba klere weer skoon te kry nie? Dis eintlik ongelooflik dat een so ‘n klein mensie haar klere so vuil kan kry. Maar sy doen! Dis kos vlekke en modder, verf en koutjie (ja, as daar ‘n ouboet en ousus in die huis is begin die vlekke sommer vroeg vroeg) en babaspoegies en vele meer. En om een of ander rede is dit nogal ‘n storie om al die vlekke altyd uit te kry. Ek weet ek het in die verlede al ‘n hele paar kledingstukke weg gegooi,  nie omdat dit opgedra was nie, maar omdat ek dit net nie meer skoon kon kry nie.

Met die klein juffrou is wasgoed was nog meer van ‘n uitdaging. Ek was so gelukkig dat dit ander 2 al kon loop voor dit weer winter was. Hulle was dus deur die ergste van die kruip fase voor die modder gemors van winter. Met haar is dit ‘n ander storie. Elke liewe pakkie is ‘n modder bruin uitdaging. Soveel meer so omdat ons aaklig grond het wat alles vlek. Ek het gelukkig al iets ontdek wat meeste van die vlekke wen, maar dis nie juis geskik vir delikate babaklere en velle nie. Plus dit vat steeds heelwat skrop en skuur om goed met dit skoon te kry. Ek was dus nogal benoud om die aanwysings te volg en bloot net die vuil kolle te spuit en vir ‘n paar minute te laat lê voor ek dit in die wasmasjien gooi. Maar ongelooflik genoeg het die klere net so skoon uit gekom soos gewoonlik. Die gevolg is dat daardie bottel “Stain remover” nou oortyd werk hier by ons. Ek gaan nog ‘n bottel moet kry as ek gaan inkopies doen.

Collages2-1

Natuurlik het die ongelooflike resultate my laat wonder of dit nie dalk sal help met ou vlekke nie. Sien hier is ‘n hele klomp pakkies wat ek jare terug weg gebêre het, met voetsole wat ek net nie kon skoon kry nie – Maak nie saak wat ek probeer het nie. Ek moes juis van hulle uitpak en begin gebruik. Ek het toe die kans gebruik om te sien wat die NUK Stain remover met dit gaan maak. Soos julle almal weet is ou vlekke gewoonlik onmoontlik om uit te was. Wel onnodig om te sê het die pakkies nie silwerskoon uitgekom nie, maar soos julle kan sien in die foto hier bo is dit baie skoner as wat dit was. En skielik wens ek dat ek jare terug al die “towerstafie” gehad het.

Gaan loer gerus by NUK se Facebook blad in of volg hul op Twitter

As jy nie die produkte op die winkelrakke raak loop nie, is dit ook aanlyn te koop.