Posts Tagged With: NUK

Resensie: Alles in een Termometer

Toe ons oudste gebore is was die opsies van koorspenne taamlik beperk. As jy nie bereid was om ‘n duur oortermometer te koop nie, moes jy spook om koors onder hul arm te meet. Of deur ‘n “dummy” wat hulle altyd spoeg, omdat hulle reeds goor voel. Of ‘n strokie wat jy net nie kan kry om op hul voorkop te bly nie.

My vreugde was groot toe my liewe moeder rondom die geboorte van ons tweede kind ons seën met ‘n digitale voorkop termometer – wat toe die nuwe “gadget” op die mark was. Na die vorige gespook was dit ‘n droom. Dit het egter ook sy eie paar uitdagings gehad. Veral om snags almal wakker te maak met ‘n lig, omdat jy nie die lesing kon sien in die donker nie. Tog was dit soveel makliker. My enigste werklik probleem was dat die model nie werk onder 14 grade Celsius kamertemperatuur nie. In die middel van die winter, juis wanneer die kinders gewoonlik siek word, kon my voorkop termometer dus gewoonlik nie koors meet nie! Dan was dit maar weer die gespook met die outydse termometers.

NUK termo

Lees voort

Categories: Baba, resensie, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,,,,,,, | Lewer kommentaar

Resensie: Ontdek kos saam met NUK

DSCF5956

Ek was nog altyd mal oor NUK se produkte. Toe ek dus hoor dat  NUK ‘n splinter nuwe reeks produkte op die mark het en dat ek en Nien die voorreg gaan hê om van dit op die proef te stel, was ek vreeslik opgewonde. Dit het behoorlik soos ‘n verjaarsdag gevoel toe die pakkie, ewe mooi in ‘n NUK sak, hier af gelewer is. Ek moet net noem dat ek gek is oor hul verpakking. Geen mooi prentjie buite op ‘n boksie wat jou teleurgestel laat as jy dit eers oop gemaak het nie. Al die verpakking is deursigtig en jy kan duidelik sien wat jy gaan kry nog voor jy dit oopgemaak het.  Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Baba, peuter, resensie | Sleutelwoordw: ,,,,,,, | Lewer kommentaar

Resensie: NUK produkte

NUK was so gaaf om vir my hul nuwe Freestyle fopspeen en Baba bottel skoonmaakmiddel te stuur om uit te toets. Met die magdom menigte baba produkte daar buite is dit altyd handig om eers ‘n toetsloop te kan maak voor jy begin koop. Veral aangesien daar al weer 4 jaar verloop het vandat ons die baba-dril gedoen het. En glo my in daardie tyd het daar ‘n hele klomp nuwe produkte uitgekom (en van die oues is nie meer beskikbaar nie).

DSCF4051 Lees voort

Categories: Baba, resensie | Sleutelwoordw: ,, | Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.