Resensie: Spa bederf tuis

Ek het met julle gedeel hoe baie die kinders die Kiddy-calm badsout geniet het. Dit is egter nie net hulle wat bederf is nie. Therific Naturals het ook vir my heerlike badsout en ‘n voet behandeling gestuur. Ek het weer besef dat mens eintlik gereeld ‘n tydjie moet maak om jouself te bederf. Dit doen jou siel so goed. En hoef nie ‘n fortuin te kos nie.

Met die kinders saam spring ek gewoonlik sommer net vinnig deur die stort, maar skielik het ek ‘n verskoning gehad om rustig in die bad te gaan lê en ontspan. En na die eerste bad in die Decadence Soothing Chai-Latte Bath het ek bly soek vir ‘n verskoning om dit weer te doen. Ek was versot op die geur. Al wat kort gekom het was ‘n chai-latte om te drink, terwyl ek ontspan het. Na die bad is mens nie net ontspanne nie, maar jou vel is ook heerlik sag en glad. Dis verseker aan te beveel vir winter vel. Dit is ook net wat ‘n ma nodig het, na ‘n dag van rond hol agter kinders aan, om al jou spiere te laat ontspan. Ek wens ek het van die geweet toe ek swanger was en kon doen met ‘n ietsie vir al die lyfseer.

DSCF8157Kort na ek die gekry het het my ma kom kuier. Sy was so versot op die Kiddy-calm dat ek vir haar ook ‘n Decadence bad moes afstaan. Julle moet weet hoe lief ek vir haar is om die bederf te deel. Sy het die geur effe sterk gevind toe ons dit net ingegooi het, maar het gou opgemerk dat mens dit net eers ‘n bietjie tyd moet gee. Die kaneel en neutmuskaat moet volgens haar eers net ‘n bietjie trek om tot sy volle glorie te kom.

Julle sal egter die self moet probeer om die volle betowering daarvan te beleef.

Een rustige aand het ons die Cranberry Burst voet behandeling uit probeer. Dit het in ‘n hele “girly” bederf ontaard. Almal wou voel hoe dit voel en ook ‘n tydjie met hul voete daar in sit. Dit is nogal ‘n belewenis om jou voete in die jellie te druk. Ek het altyd gewonder waarom die kinders se te kere gaan oor Gelli Buff. Nou verstaan ek uiteindelik. Ouma het dit grillerig gevind. Miskien is almal nie so ewe gek oor die glip gladde gevoel van jellie soos ek en my kinders nie. DSCF8116

Na ‘n ruk gooi mens dan ‘n tweede pakkie by wat die jellie weer in water verander. Sommer so ‘n heerlike eksperiment tussen die bederf deur. Die deel het ouma baie meer geniet. Na al die pret is mens se voete heerlik glad. Vir besige ma’s, wat nie tyd het vir ‘n behandeling by ‘n spa nie, is die beslis ‘n moet.

DSCF8126Na ek en my ma klaar gepamperlang is het my twee poppe behoorlik die geniet. Ek kon hulle nie daar uit kry nie. Watter dogtertjie wil immers nie ook soos ‘n prinses voel nie. Ek het sommer besluit dat as ons ooit weer ‘n meisies-alleen-dag kry, gaan ek ‘n paar pakkies van die kry, sodat ons 3 rustig saam kan sit en ontspan. Of mens 1 of 60 is ‘n bietjie voet “TLC” bly ‘n lekkerte.

DSCF8134

Advertisements
Categories: Alles in 'n dag, resensie | Sleutelwoordw: ,,, | 1 Kommentaar

Artikelnavigasie

One thought on “Resensie: Spa bederf tuis

  1. Ag te lekker!Die jellie lyk ook vir my bietjie grillerig,maar ek is seker dit sal nie te onaardig wees nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: