Resensie: Rustiger nagte saam met Kiddy-calm

‘n Paar jaar terug het ek op ‘n Kersmark die eerste keer die Kiddy-calm badsout raak gesien. Soos dit met klein kinders in die omtrek egter te dikwels gaan, het ek nie regtig in detail daarna gekyk nie. Dit het op daai lysie van my beland van goed wat ons iewers moet probeer, maar nooit by uitkom nie.

Toe kort gelede kom die geleentheid na my kant toe om die Therific Naturals produkte te beproef. Ek gaan snuffel toe rond op hul webwerf om meer uit te vind van hul produkte en skuif dadelik na die punt van my stoel. Na ‘n jaar en ‘n half van min slaap vang enige iets wat sê dat dit slaap patrone kan verbeter DADELIK my oog. 100%. Ek kan nie gou genoeg en entoesiasties genoeg my proefkonynskap bevestig nie. Ek moet die probeer. Ek is immers op die desperate fase waar ek waarskynlik al geklike dinge sal probeer vir ‘n nag se slaap.

Dit was dus met groot afwagting dat ek die pakkie in gewag het. Dit kan immers vir die kinders pret wees om ‘n nuwe badproduk uit te toets en wie weet, net dalk miskien … Ek is amper te bang om hardop te hoop.

Soos ek verwag het, was die kinders baie opgewonde om in die bad te g

aan spring. Die eerste bad het amper in ‘n reuse geveg geëindig. Wie sou immers die eerste een wees om saam met kleinsus te gaan baljaar? En gebruik ons die blou of die pers? Die grootste opwinding was vir die oudste 2 die borrels. Ons ken nie badsout wat borrel nie. En die badsout borrel behoorlik! Die skuimbolle staan sommer so hoog. Badskuim is ‘n rariteit in ons huis, omdat dit gewoonlik nie so goed met my oudste pop werk nie. Om die rede is kleinsus baie versigtig vir haar eerste skuim bad. Dis eers teen dag 3 wat sy die lekker daarvan besef en begin saam baljaar.

DSCF8073

Ons knaap Oe en Ah oor hoe glad en sag sy vel voel. En sommer so in die bad vertel hy net dat hy ontspanne voel en net wil slaap. Die eerste aand kan ek werklik die grootste effek op die kinders sien. Sommer so aan die eettafel raak ons jongste amper op my skoot aan die slaap. Dis iets wat nog nooit gebeur het nie. Ek moes haar vroeër as normaal in die bed gaan sit, want sy kon net nie wakker bly nie.

Teen die derde nag slaap sy van 10 tot 5. In die 19 maande voor dit het dit nog net ‘n handjie vol kere gebeur. Ek hou dus asem op. Vir ‘n wonder slaap sy vir 4 nagte in ‘n ry so goed (een aand selfs van 8 tot 6!!!). In die 2 weke wat ons dit gebruik het het sy nie elke aand beter geslaap nie. Daar was nog ‘n paar wilde nagte tussen in, maar 7 goeie nagte uit 14 was verseker ‘n eerste in ons huis. Ek sal nog ‘n paar pakke in die hande moet kry om te sien hoe dit op die lang duur werk. As jy egter soos ons aan algehele uitputting lei is dit beslis ‘n probeer werd.

Nog iets interessant wat gebeur het, is dat ons knaap na 2 dae genoem het dat sy vingers nie meer seer was nie. Hy het ‘n hele paar weke vroeër al begin kla dat sy vingers seer was na ‘n sarsie boom klim. Dit wou net nie reg kom nie en ek het begin dink ons sal maar moet ‘n afspraak maak by die dokter om daarna te laat kyk.

Selfs sonder die moontlikheid van beter nagte is die regtig ‘n oulike badproduk. My kinders wou al nog koop na die eerste bad. Die geure is nie te skerp nie (selfs manlief met sy super sen

sitiewe neus het nie gekla nie). Die gekleurde badwater ‘n bonus en die skuim, wat nie sommer net weg smelt nie, ‘n reuse avontuur. Beste was dat ousus selfs na 2 weke van gebruik nie ‘n infeksie gekry het nie (en dit wil gedoen word saam met al die winter sitrus en lekkergoed waarmee ouma bederf het). En daar bly nie ‘n rand in die bad agter wat later weer geskrop hoef te word nie! Enige ma se droom.

Die tweede week van ons proef het my ma hier gekuier. Sy was so beïndruk met die badsout dat die kinders elke aand hul water vir haar moes in hou. Volgens haar was die lekkerste dat sy in die tyd nie een keer room nodig gehad het nie. Ek moes belowe dat ek vir haar en my pa daarvan sou koop voordat ons weer kom kuier.

Therific Naturals het ‘n lang lys van voordele van die Magnesiumsulfaat wat in die produkte gebruik word. Van verbetering in slaap patrone, hiperaktiwiteit tot artritis. Maar gaan lees eerder self al die voordele of koop een van hulle produkte vir kinders of volwassenes en probeer dit self.

En laat weet gerus hoe julle die produk ervaar het! Ek is vrek nuuskierig of dit vir ander ook so goed werk.

Advertisements
Categories: Alles in 'n dag, Baba, kleuter, peuter, resensie | Sleutelwoordw: ,,,,,, | 4 Kommentaar

Artikelnavigasie

4 thoughts on “Resensie: Rustiger nagte saam met Kiddy-calm

  1. Terug pieng: Resensie: Spa bederf tuis | Lomi

  2. Surita Smit

    Ek kan ongelukkig nie sê dat die produk my seuntjie van 2jaar enigsins gehelp rustig raak of slaap het saans nie… hy is nou 3 jaar oud en slaap steeds nie deur nie. So ek wil waag om te sê dis nie full proof nie. Dit werk vir sommige kinders, maar dit werk duidelik nie vir ander kinders nie. Mammas moet dit maar toets en self besluit, alle kinders reageer nie dieselfde op produkte nie.

    • Dis baie waar, Surita. Ek dink dis juis omdat kinders se verskil dat mense so dikwels uiteenlopende raad het. Dis ‘n reuse geluk as mens die slag iets kry wat vir jou kind werk.

      Sover beleef ons steeds maar ‘n paar wilde nagte, maar daar is heel wat beter nagte tussen in. In die laaste week het sy selfs 2 keer van 8 tot 6 geslaap. Ek hou maar asem op en hoop dat sy stelselmatig meer goeie as slegte nagte sal hê.

      Ek hoop jou knaap leer binnekort beter slaap en dat jy kan begin slaap in haal!

  3. Terug pieng: Resensie: Pret met Fizzle fun | Lomi

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: