‘n Ruk terug het ek op die idee afgekom om jou eie waterverf papier te maak. Dit is so eenvoudig en soveel pret. Dit was dus sommer ons kunstige Maandae projek.
Die beste hiervan was dat selfs ons peuter dit geniet het om saam te verf. En niemand het baklei oor die waterverf houer! Sommer gou het my klein kunstenaar besluit om haar eie bladsy te maak.
Die bladsye is natuurlik ‘n heerlike idee om saam te vat met vakansie. Jy hoef immers net die skoon bladsye met die verf blokkies op, ‘n kwas of 2 en dalk ‘n permanente merker saam te karwy. Die kinders kan dan hul eie skeppings maak na hartelus.
Ek hou van die kleurblokkies aan die kant.
Dit is ‘n baie oulike idee!