Posts Tagged With: kunstige Maandae

Waterverf papier in ‘n kits

‘n Ruk terug het ek op die idee afgekom om jou eie waterverf papier te maak. Dit is so eenvoudig en soveel pret. Dit was dus sommer ons kunstige Maandae projek.

201531 Lees voort

Advertisements
Categories: Kunsvlyt | Sleutelwoordw: ,,,,,, | 2 Kommentaar

Pastel en kontras

Ons het besluit om vir kunstige Maandae die kinders vrye teuels te gee. Ons gaan bloot vir hulle ‘n medium gee om mee te werk en hulle kan daarmee maak wat hulle harte ook al begeer. Wel dit is die plan vir nou. Soos ek ons ken sal dit seker weer iewers verander.

Tog probeer ons so ‘n vinnig lessie in kuns ook inwerk. Die laaste “les” het ons oor kontrasterende kleure gepraat. Party van hul het dit toegepas, ander nie. En hulle kon met olie pastel werk. Lees voort

Categories: Kunsvlyt | Sleutelwoordw: ,,,,, | 3 Kommentaar

Waterlelie avontuur

Uit ‘n paar oorde hoor ons dat die waterlelies, en veral hul blare, ongelooflik mooi is in die botaniese tuine. Net daar besluit ek en my kunstige – / wetenskap Maandae vriendin dat dit soos ‘n uitstappie vir ‘n Maandag klink. Ons kan immers sommer die wetenskap (botanie) en kuns kombineer!

Die kinders is heel opgewonde en gewapen vir die uitstappie met rugsakke met hul kuns goed in. Sommer by die eerste poel sien hul ‘n ruspe raak wat op ‘n waterlelie blaar sit. Of sy ma hom nou met opset daar gelaat het en of hy ingeval of gewaai het sal ek nou nie weet nie. Of dalk het die rakker ‘n slukkie water kom drink. Hoe dit ook al sy, ons het besluit om hom eerder daar te los. Ruspes is mos maar kieskeurige eters met ‘n beperkte dieet. En skuif ons hom, vrek hy dalk van die honger.

DSCF7551 Lees voort

Categories: Gratis drukstukke, Kunsvlyt, Wetenskap Maandae | Sleutelwoordw: ,,,,,,, | 10 Kommentaar

Kunstige Maandae

Ek en ‘n vriendin het besluit om die jaar saam kuns en wetenskap/eksperimente met ons kinders aan te pak. Dit skep ‘n wonderlike geleentheid vir die 7 kinders (wat tussen 1 en 11 is) om saam te werk (nie dat die jongste 2 iets meer doen as krap op die stadium nie) en agterna lekker saam te speel en kuier.

Vir ons was dit ‘n oplossing om ‘n paar Rand te spaar, maar ook hope tyd. Kuns en wetenskap klasse word gewoonlik vir verskillende ouderdomme op verskillende tye aangebied. Ons 2 jaag klaar so baie rond vir die kinders se gimnastiek dat ons regtig probeer om af te skaal in ander areas. Dit gaan wel beteken dat ek my kreatiewe sy bietjie gaan moet afstof. Vandat die kinders gebore is het ek my kuns goed weg gebêre. Ons het net nooit ‘n vertrek gehad waar ek veilig kon werk en die deur toe trek sodat hulle nie chaos daarin veroorsaak nie. En watter kind kan immers verf, pastel en kleur potlode uitlos! Lees voort

Categories: Graad 2, Graad R, Kunsvlyt, peuter, Tuisonderrig | Sleutelwoordw: ,,,,, | 8 Kommentaar

Blog at WordPress.com.