Uit ‘n paar oorde hoor ons dat die waterlelies, en veral hul blare, ongelooflik mooi is in die botaniese tuine. Net daar besluit ek en my kunstige – / wetenskap Maandae vriendin dat dit soos ‘n uitstappie vir ‘n Maandag klink. Ons kan immers sommer die wetenskap (botanie) en kuns kombineer!
Die kinders is heel opgewonde en gewapen vir die uitstappie met rugsakke met hul kuns goed in. Sommer by die eerste poel sien hul ‘n ruspe raak wat op ‘n waterlelie blaar sit. Of sy ma hom nou met opset daar gelaat het en of hy ingeval of gewaai het sal ek nou nie weet nie. Of dalk het die rakker ‘n slukkie water kom drink. Hoe dit ook al sy, ons het besluit om hom eerder daar te los. Ruspes is mos maar kieskeurige eters met ‘n beperkte dieet. En skuif ons hom, vrek hy dalk van die honger.
Daar leer ek toe ook dat die reuse waterlelie (Santa Cruz waterlelie) blare vol dorings is onder. Mens moet maar versigtig vat om na dit te gaan loer.
Die inligting bordjie vermeld toe se ewe dat die blare ‘n kind kan dra. Natuurlik moes ons dit uit toets. My vriendin het ewe versigtig haar peuter op een van die blare staan gemaak. Dit was nie een van die heelste blare nie en het effe ingesink, maar dit het hom gehou. ‘n Werker vertel toe dat ons eerder ‘n heel blaar moet gebruik, want dan bly die bokant droog. Ongelukkig was al die heel blare dieper in. Die man vertel toe ook dat ‘n fotograaf die vorige jaar ‘n baba wat slaap op die blare kom afneem het. Dit klink vreeslik mooi, maar ek weet darem nie of ek my pasgebore baba vir so ‘n uitstappie sal inwillig nie!
Daar was waterlelies in elke kleur en elke tipe se blare verskil van klein en plat, na die wat bo die water uitstaan en natuurlik die reuse blare met die omkrul rante. Elkeen se sade lyk ook heel anders. Dis vreeslik interessant.
Ons moes toe natuurlik die res van die tuin gaan verken. Die kinders se taak was om die grootste, kleinste, dunste en vetste blaar in die tuin te vind. Hulle kon ook nie help om ons dadelik te kom vertel dat hul die grootste boom gevind het nie.
Ons het ook na die kuns werke in die tuin gekyk. Ek moes net lag toe die een knaap opmerk dat die beeldhou werk heeltemal te modern na sy smaak is.
Ons het so lank deur die tuin gedrentel dat ons nie genoeg tyd oor gehad het om die sketspapier uit te haal nie. Ons knaap het darem sy stukkie kuns in gekry deur foto’s te neem van die uitstappie. Hy is gefasineer met al die blaar teksture en het die foto wat volg van die boom van onder geneem.
Ons pop was glad nie beïndruk met die feit dat sy nie by teken gaan uit kom nie. Ek het dus aangebied om ‘n foto te neem van iets wat sy tuis kan gaan teken. Haar keuse het op die waterlelie saadknop geval.
Tuis was die oomblik egter verby en het sy besluit sy wil dit eerder inkleur! Askies?! Ek is nie te skerp met die klas ding nie, maar het uiteindelik die foto omgeskakel na ‘n lyn skets. Dalk is daar nog vreemde 5 jariges wat dit sou wou inkleur.
Ten minste het haar kreatiwiteit darem so bietjie deurgeskemer met haar keuse van kleure. Die water moes ook net die mosterd kleur wees, omdat “die water so vuil was”.
Ag dit klink te lekker Wat maak jy as ‘n kleuter dalk sommer ‘n afdag het? Maak jy die uitstappie korter. Is daar ‘n plan B Wat as dit erg reën?
Ons is regtig aanpasbaar. Dis juis hoekom ons nie soveel gedoen gekry het die kwartaal as wat ons gehoop het nie. Een Maandag was ons byvoorbeeld af, omdat een van die kinders die vorige dag ‘n noodoperasie moes kry. Die uitstappie het ons ook geskuif na die Dinsdag, omdat die weer Maandag onplesierig was. Dis mos die lekker daarvan as mens nie by ‘n groot groep moet inval nie 🙂
Ja dit klink of julle ‘n wenresep hiier beet het … dis ook lekker dat mens soggens kan gaan – dan is is daar nie hope kinders nie
Dis so heerlik om uitstappies buite die tref en trap tyd te doen. Maar mens moet ook maar versigtig wees waarheen jy gaan, want daar is plekke waar mense jou aankyk asof jy van ‘n ander planeet af kom as jy in die oggend uit is met kinders 🙂
Jy moet jou aan geen kyk steur nie Dis ‘n wonderlike geleentheid vir elke kind
Ek giggel gewoonlik vir die kyke, maar dis nie altyd vir die kinders lekker nie. Dink die lekker van sulke plekke is dat mense daar toeriste verwag en dan nie dink kinders saam met die is so vreemd nie 😀
Aaag, dis nou ‘n lekker uitstappie. Die kinders het dit seker vreeslik geniet, en jy ook!
Beslis. So bly ek het ‘n “verskoning” om weer al die lekker dinge te doen
Sjoe, dit was nou regtig interessant en die foto’s is baie baie mooi.
Dankie. Dis so lekker om al die dinge te leer.