Posts Tagged With: waterlelie

Waterlelie avontuur

Uit ‘n paar oorde hoor ons dat die waterlelies, en veral hul blare, ongelooflik mooi is in die botaniese tuine. Net daar besluit ek en my kunstige – / wetenskap Maandae vriendin dat dit soos ‘n uitstappie vir ‘n Maandag klink. Ons kan immers sommer die wetenskap (botanie) en kuns kombineer!

Die kinders is heel opgewonde en gewapen vir die uitstappie met rugsakke met hul kuns goed in. Sommer by die eerste poel sien hul ‘n ruspe raak wat op ‘n waterlelie blaar sit. Of sy ma hom nou met opset daar gelaat het en of hy ingeval of gewaai het sal ek nou nie weet nie. Of dalk het die rakker ‘n slukkie water kom drink. Hoe dit ook al sy, ons het besluit om hom eerder daar te los. Ruspes is mos maar kieskeurige eters met ‘n beperkte dieet. En skuif ons hom, vrek hy dalk van die honger.

DSCF7551 Lees voort

Categories: Gratis drukstukke, Kunsvlyt, Wetenskap Maandae | Sleutelwoorde: , , , , , , , | 10 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.