11

Trapsuutjies kom kuier weer

19 March 2015
Share

‘n Paar jaar terug het ek die besoeke van Kaapse dwerg verkleurmannetjies aan ons tuin gedeel en die inskrywing het nogal heelwat besoeke gehad.

Die verkleurmannetjies sien ons nog steeds net so nou en dan, want hulle kruip vreeslik goed weg. Tog bly dit altyd opwindend vir die kinders as hul weer een ontdek. ‘n Week terug moes ek weer aandete voorbereiding tot halt roep toe hulle een in die pruimboom ontdek. Hulle bly gefasineer met sy rukkerige, stadige bewegings.

DSCF7461 DSCF7474 DSCF7476 DSCF7477