2

Verkleurmannetjie

19 April 2011
Share

Die aand voor Ellard se verjaarsdag en hul partytjie kry Ellard ‘n pasgebore verkleurmannetjie op een van die tuinstoele. Groot was die opwinding in die huis. Die uiteinde was dat die kleinding in die huis geslaap het (in ‘n bakkie op ‘n warmsakkie). Na die partytjie het Jaco hom uiteindelik oortuig om pad te vat teen die prieel op. Hy was so gek oor Jaco dat hy net nie vroeër bereid was om van die warm vinger af te klim nie. So bly ons maar wonder watter soort verkleurmannetjie dit was, want ons het nog nie een in die tuin gesien nie.

Toe Saterdag terwyl ek met Carla buite op die foon praat waai die wind ‘n verkleurmannetjie uit een van die boom. Ek is seker die arme ding is skoon getraumatiseer. Almal wou kyk en natuurlik moes ons foto’s neem! Ek vermoed dis ‘n Kaapse dwerg verkleurman (Cape dwarf), maar dis maar moeilik om te sê uit die internet prente en met die dat hulle so van kleur verander.

Wel die verkleurmannetjie / trapsuutjies bly duidelik nog steeds in ons tuin en het weer sy verskyning gemaak. Dalk het die lente iets daarmee te doen.Ellard was mal daaroor dat die op sy hand kom loop. Ons wou egter nog nie ‘n kans waag met Salomie nie.