Spitsmuis

Ons is bevoorreg om oorkant ‘n park te bly. Dit beteken egter dat allerhande gediertes gereeld in ons huis kom skuil. Die kinders is mal daaroor as ek of manlief ‘n jagspinnekop in ‘n Ziploc bakkie vang om weer in die veld vry te laat. Ek is oortuig die spinnekoppe is na die ervaring so erg getraumatiseerd, deur die kinders wat net nie genoeg kan kyk en druk nie, dat hulle nooit weer hul pote in enige huis sal sit nie.
Een middag is ek besig om te Skype met ouma en oupa toe Ellard in storm om te se daar is ‘n kriek agter die TV kas. Hy sal dit gaan dood trap. Hy is immers nog baie trots daarop dat hy ‘n paar dae vroeër tot groot verligting van sy PlayBall juffrou, ons mamma’s en die ander maatjies ‘n vet kriek in die klas dood getrap het. Nie lank nie of hy’s egter terug, nee, dis ‘n padda. In die sitkamer vind ek hom aan die eenkant van die kas met ‘n flitslig en Tressa, ons Golden Labrador, al snuffelend aan die anderkant. Uit Ellard se beskrywing besef ek dat, as dit wel ‘n kriek is, dit in die Genus Book of World records tuishoort. Daar is egter geen teken van padda se kind nie.

Later die aand, terwyl ons TV kyk, hardloop ‘n muis agter die kas uit. Tressa is dadelik op sy spoor. Ek raak egter so opgewonde toe sy hom vang dat sy die muis weer laat val. Natuurlik is die toe skoonveld. Ons het toe maar gaan inkruip en voor ons nog behoorlik ons lê kan kry is daar skril muis-gille uit die sitkamer. Daarmee saam is daar ‘n gestamp en krap. Ons besluit om te gaan red wat ons kan, voor Tressa dalk die huis afbreek agter die muis aan.

Dit het soos ‘n prentjie uit ‘n tipiese film gelyk. Almal soek die muis, maar sodra hy begin hol, kry almal skielik vlerke. Dis ‘n getrippel en spring en arms wat swaai. Gelukkig kon manlief die karnallie aan sy stert vang en ons hom in ‘n ou roomysbak stop. Met al die drama het Ellard wakker geword. Hy was skoon uit sy vel om die muis te sien. Vir hom was die hoogtepunt om te hoor hoe ‘n muis klink. So 12 uur op ‘n Vrydag aand is ons in gelid, gepantser in ons warmste baadjies, uit die huis. Die muisie het ook nie vir ‘n tweede kans gewag nie en dadelik tussen die graspolle verdwyn.

Sussie het die volgende oggend nog slaapdronk in geloop gekom toe is Ellard al besig om die opwinding van die vorige aand met haar te deel. Natuurlik is elke squeeck geluid in die huis nou ‘n muis!

Advertisements
Categories: Die woelwaters, Uncategorized | Lewer kommentaar

Artikelnavigasie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: