1

Die Rusper en Skoenlapper verjaar

1 April 2011
Share

Die 26ste Maart het ons Ellard se 4de en Salomie se 2de verjaarsdag gevier. En was dit nou nie hope pret nie! Ellard wou vir die laaste 2 weke elke dag gehad het dit moet al die groot dag wees. Die oggend toe hy wakker word moes ons net dadelik plaas toe vir die partytjie. Hy het sommer self gaan klere uithaal en aangetrek (dit was definitief ‘n eerste gewees!). Arme mamma moes net roer anders het ek met PJ’s en al op die partytjie beland.

Hier’s sommer klompie foto’s: