Elke 2de week doen ons saam met maats wetenskap, soos ek reeds vermeld het in Kunstige Maandae. Ons is lief daarvoor om sommer op ons eie ook eksperimente te doen, maar tog is dit heerlik om dit ook saam met ander te doen en saam idees uit te ruil.
Vir ons eerste eksperiment moes ons natuurlik ‘n vulkaan maak. Hoe dan nou anders? Baie versigtig is die 60g salpeter met die 40g suiker gemeng oor lae hitte, want die mengsel kan glo maklik vlam vat.
Die maats het ‘n gips geboude vulkaan waarin ons die brousel kon gooi en laat afkoel. Die aanvanklike rooi vlam was baie meer opwindend vir die kinders as die baie rook. Ek wens net ek kon ‘n mooi wetenskaplike verduideliking kry hoekom die mengsel juis so heerlik rook. Hulle het klaar besluit ons moet weer die asyn en koeksoda vulkaan ook doen.
Binnekort deel ek weer van ons verdere wetenskap ervarings.
Klink lekker en gevaarlik Ek wonder wat volgende op die program is?
Sal bietjie my man vra hoekom die salpeter mengsel rook. Hy verstaan daardie dinge.
Ag, jy sal ‘n ster wees. Ek pes dit om sulke goed met hulle te doen en dan nie ‘n bietjie meer agtergrond te kan gee oor hoekom dit gebeur nie.
Vinnige vraag: nadat julle die salpeter en suiker mengsel laat afkoel het, het julle water of iets bygegooi om die reaksie te begin? Of begin dit spontaan brand na ‘n rukkie?
nee, ons het stukkie tou ingesit (as lont) en die aan die brand gesteek.
Ok, ek het dit gou Gegoogle, want my man kan nie nou help nie, en ek is baie nuuskierig: Saltpeter is ‘n vorm van ‘n sout en gemeng met suiker het jy ‘n baie rowwe kruit – gunpowder.
http://www.wikihow.com/Make-a-Smoke-Bomb – metode 2
So die vlam is as gevolg van die “Potassium Nitrate” (kalsium nitraat se reaksie as dit verhit word en verbrand in suurstof (as ek reg onthou).
Dankie, Elize!
Oulike fotos. Lyk of hul dit vreeslik geniet.
Enige iets wat kan brand of opblaas is op die stadium ‘n groot treffer. Ek hoop maar ons oorleef die fase sonder ernstige skade 🙂
Dis nou oulik!Ek wens ek was daar.Ons moes maar altyd ons eie vervelige prentjies in ons koppe sien…geen praktiese eksperimente nie.
Ja, ek onthou. Die een of 2 eksperimente wat ons destyds gedoen het, was altyd die hoogtepunt van die jaar! Mens kan dit darem verstaan. Dis nie so maklik om dit aan te pak met ‘n klas van 30+ kinders nie!