Posts Tagged With: wetenskap

‘n Tydlyn vir lewende geskiedenis

Ons volg ‘n lewende boek benadering van leer. Die voorlees van goeie lewende boeke vorm dus die ruggraat van hoe die kinders leer. Dit is ongelooflik hoe baie feite kinders leer uit stories wat ‘n historiese agtergrond het. (Dieselfde geld natuurlik van die natuur, ons wêreld – aardrykskunde ens.).

‘n Paar jaar terug het ek op ‘n tydlyn afgekom (nogal in Afrikaans) wat van Adam tot 2000 nC strek. Dit kan gratis afgelaai word of in gedrukte formaat gekoop word. Die jaar het die manjifieke stukkie werk ‘n plek teen ons muur gevind. En sommer soos die Engelse se ‘n “conversation piece” geword. Almal steek voor dit vas en leer sommer so ‘n bietjie interessante geskiedenis in die proses.

IMG_3526

Ons het die jaar begin om die boeke wat ons oor ‘n spesifieke periode of gebeurtenis lees op die tydlyn te merk. So kry die kinders ‘n gevoel van die groter prentjie. Tans is ons fokus nog baie Suid-Afrikaanse geskiedenis (wat maar ‘n klein fraksie van die tydlyn uitmaak). Tog is dit ook interessant om soos ons deur die Bybel lees ook te sien wanneer iets plaas gevind het en watter ander dinge daardie tyd in die wêreld aan die gang was.

Tydlyn

Omdat my knaap mal is daaroor om nuwe dinge uit te dink, ontwerp en bou het ek ook ‘n klompie uitvinders en wetenskaplikes teen dieselfde muur geplak (Almal gaan ek nie ingepas kry in die stukkie meer moderne geskiedenis nie!). Dit is vir hom fassinerend om te lees van hoe hul dinge ontdek het en waarmee hulle gespook het om daar uit te kom.

Die knaap het seker al ‘n stuk of 10 verskillende “fidget spinners” vir homself gebou.

iPhone55

Wat doen julle om geskiedenis lewendig te maak vir jul kinders en deel sommer ook met watter oulike projekte en idees jul kinders vorendag kom op https://www.facebook.com/lomiwales . 

Categories: Graad 2, Graad 4, Ons lees, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,,,,,, | Lewer kommentaar

Nog wetenskap pret

Ons het die laaste 2 kwartale meer gestruktureerd probeer werk tydens ons Wetenskap Maandae. My vriendin wat meer biologie agtergrond as ek het het met die kinders “Exploring Creation with Human Anatomy & Physiology” begin behandel.

iphone21 Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Graad 5, Graad 6, Tuisonderrig, Wetenskap Maandae | Sleutelwoordw: ,,, | Lewer kommentaar

Waterlelie avontuur

Uit ‘n paar oorde hoor ons dat die waterlelies, en veral hul blare, ongelooflik mooi is in die botaniese tuine. Net daar besluit ek en my kunstige – / wetenskap Maandae vriendin dat dit soos ‘n uitstappie vir ‘n Maandag klink. Ons kan immers sommer die wetenskap (botanie) en kuns kombineer!

Die kinders is heel opgewonde en gewapen vir die uitstappie met rugsakke met hul kuns goed in. Sommer by die eerste poel sien hul ‘n ruspe raak wat op ‘n waterlelie blaar sit. Of sy ma hom nou met opset daar gelaat het en of hy ingeval of gewaai het sal ek nou nie weet nie. Of dalk het die rakker ‘n slukkie water kom drink. Hoe dit ook al sy, ons het besluit om hom eerder daar te los. Ruspes is mos maar kieskeurige eters met ‘n beperkte dieet. En skuif ons hom, vrek hy dalk van die honger.

DSCF7551 Lees voort

Categories: Gratis drukstukke, Kunsvlyt, Wetenskap Maandae | Sleutelwoordw: ,,,,,,, | 10 Kommentaar

Blog at WordPress.com.