Ons het die laaste 2 kwartale meer gestruktureerd probeer werk tydens ons Wetenskap Maandae. My vriendin wat meer biologie agtergrond as ek het het met die kinders “Exploring Creation with Human Anatomy & Physiology” begin behandel.

iphone21Ons het geleer van wat mense in die verlede geglo het oor ons liggame en hoe die Egiptenare mummies gepreserveer het. iphone42Ons heerlikste (letterlik) eksperiment van die jaar was toe ons geleer het van die verskillende dele van ‘n sel deur ‘n sel van jellie en lekkergoed te bou. iphone41Ons het lyfies op papier af geteken. Die moet nog omskep word in die verskillende stelsels van die liggaam. Ons het geleer hoe ons brein beskerm word teen al die stampe en stote van die lewe. Van ons bene en vele meer.

Die plan was om na die wintervakansie voort te gaan met die res van die boek, maar toe ontdek ons die aanlyn kursus – https://www.futurelearn.com/courses/science-experiments – en besluit om die eksperimente gedurende die 3de kwartaal te doen.

iphone40

Ons het ‘n aartappel ontwater in die mikrogolf tot daar net houtskool oor was, geleer van gis en hoe alle organismes beter leef in sekere toestande. Ons het van osmose geleer en oor digtheid verskille tussen die vloeistof en vastestof fase van water, olie, skottelgoedseep. Dit was alles vreeslik interessant.

img_2507

Om die kwartaal af te sluit het ons toe weer die immer gewilde digtheid eksperiment gedoen. Ons het lae van sout water, vars water (groen gekleur), baba olie en kookolie gemaak en gekyk waar verskillende voorwerpe (en selfs skottelgoedseep) in dit dryf. Die baba olie en sout water het ‘n melkerige mengsel afgegee. Die maklikste manier om vars water bo-op die soutwater te laat dryf is om eers die olie bo-op die sout water te gooi en dan stadig die varswater by te voeg. As mens direk die varswater bo-op die soutwater probeer gooi meng dit te maklik met mekaar om bloot ‘n minder sout oplossing te vorm.