4

Lente Pret

3 October 2016
Share

Noudat die Somme(r) Pret boeke te koop is het ek ‘n paar versoeke gehad om dit digitaal ook te verkoop. Dis egter ‘n hele nuwe wêreld vir my. Ek het dus die vaarwaters begin toets deur eers net die Robot Pret-Pak en Lente Pret-Pakke vir graad R tot 3 op https://teachingresources.co.za/vendors/lomi/ te begin verkoop.

Ek weet dat meeste van julle wat ons manewales hier volg, meer as een kind het en dat baie van julle nie so streng by grade hou nie. Ek het dus besluit om vir julle ‘n spesiale aanbod te maak, sodat julle al vier die Lente Pret-Pakke kan aflaai en die aktiwiteite kan kies wat geskik is vir jul kinders. Daar is bietjie oorvleueling tussen die pret-pakke. Die woordsoek kom in 3 van die pret-pakke voor en die simmetrie aktiwiteite in beide graad 1 en 2. Die lekker van die 4 pret-pakke is dat daar soortgelyke aktiwiteite in die verskillende pakke is en die kinders dus elkeen op sy eie vlak ‘n aktiwiteit kan doen.

lente-pret

Lente Pret om gratis af te laai

Die 4 Lente Pret-Pakke kos R49 as dit individuele op Teacha! gekoop word.  Julle kan dit direk by my koop om af te laai vir slegs R22 tot die 15de November 2016. Dis minder as halfprys. Stuur vir my ‘n e-pos na info@lomi.co.za as jy van die aanbod gebruik wil maak. En bloot omdat julle so oulik is om gereeld hier te kom inloer kan julle Lente Pret heeltemal gratis aflaai. Dit bevat 5 bladsye om in te kleur en na te trek.

voorbeelde

Lente Pret-Pak: Graad R – R12

lente graad 1 vb.png

Lente Pret-Pak: Graad 1 – R13

Lente graad 2 vb.png

Lente Pret-Pak: Graad 2 – R12

lente graad3 vb.png

Lente Pret-Pak: Graad 3 – R12

Nou hou ek net duim vas dat lente hier in die kaap sal ophou wegkruipertjie speel. Tot dusver was ons geseënd met ‘n hele klomp heerlike lente dae, so tussen die koue weer deur.