Tegnologie het so ‘n groot deel van ons lewe geword dat dit goed is om stil te staan en te dink hoe ons dit benut en gebruik. En seker maak dit steel nie ander dinge van ons nie.
Basket
Blog Artikels:
Blog Artikels:
Argief
Volg my
Kontak my
Volg my Blog via e-pos subskripsie
Join 182 other subscribers.
Kliënte Terugvoer
Kliënte Terugvoer:
Kliënte Terugvoer
"Wou net gou deel: My oudste seun doen die een met die inkleur somme - sy opmerking (die stemtoon was ook spesiaal) mamma, hierdié is nou lekker. Ek sien baie daarna uit om al hierdie syfers ontdekkings saam my kinders te geniet. " - Susan
Ons seuns het ope toegang tot hulle rekenaars. Partykeer roep ek halt, soos as hulle nie hul huistake of skoolwerk wil doen nie, a.g.v. die rekenaar. Ons volg meer van ‘n eklektiese benadering, en nie ten volle “unschool” nie. So sekere dinge volg ons kurrikulum (tale en wiskunde), ander gaan hulle self mee aan.
Ons seuns het geen probleem om op te hou op die rekenaar nie, want hulle weet hulle tyd daarop is nie beperk nie. Sodra hulle gedoen het wat hulle moet doen, kan hulle terug kom. Hulle het ook al self tot die besef gekom dat die rekenaar en hul rekenaar-tyd nog daar gaan wees as hulle eers iets anders doen, soos om iets buite of in die voorste vertrek as dit reën, te gaan speel.
Ek het bitter lanklaas nodig gehad om vir hulle te sê hulle moet gaan speel, want hulle soek iets op, kyk ‘n storie, of iets op die rekenaar en vir die volgende ruk nadat hulle klaar gekyk/geleer/geluister/gesing/ge-oe-en-aa het oor wat hulle daar gesien het, speel hulle vanself dit uit. Van robotte, tot namaak van dolfyne (klanke en bewegings), land diere, dinosaurs, of net eenvoudig speel!
Ons het basiese reëls soos as ‘n video/storie enige vloekwoorde gebruik, of God se Naam, dan word dit afgesit. Ook as daar ‘n ouderdomsbeperking op is. En hulle polisie mekaar, glo my vry! Sekere dinge het ek al aan hulle uitgewys is nie vir hulle oë en ore bedoel nie (hul rekenaars is langs myne), maar ander belangstellings, of dit nou seelewe is, of Transformers, kan hulle aangaan meë. Ja, selfs Transformers of ander flieks, want eerstens het hulle met Transformers geleer oor robotte, die maak van die flieks, wat weer gelei het na ander YouTube videos oor hoe ver die wêreld gevorder het met die maak van intelligente robotte. Daar is regtig te veel voorbeelde om op te noem.
Baie keer al het hulle ook gesê hulle is nie lus vir die rekenaars nie, want hulle weet hulle het vrye tyd, dis nie beperk nie. Hulle voel nie hulle mis uit as hulle nie die rekenaartyd gebruik nie. Dan het ons almal buite gespeel, gaan stap, bordspeletjies gespeel, of gelees. Of hulle hoor iets op die rekenaar en ons moet dan opsoek, dan trek ons al ons naslaan boeke nader, of soek nog meer op die rekenaar op… Daar is regtig te veel voorbeelde van hoe dit vir ons werk.
Vir sommige ouers gaan dit werk, vir ander nie. Ek dink dit hang af van die ouer se houding. Ons is oop, seker omdat ons baie op die rekenaars werk (nie net sosiaal verkeer nie).
Dit klink vir my asof jou seuns tegnologie gebruik om die beste daaruit te kry. Ongelukkig gebruik baie mense (kinders ingesluit) dit nie as verryking nie, maar om ure verslawende speletjies te speel of na onbenullighede te kyk. Dis wanneer kinders (en grootmense) nie meer weet wat om anders met hulle tyd te doen as om voor skerms te sit nie, wat die rooi ligte begin flikker. Of soos iemand na ‘n jeugkamp ontsteld vertel het hoe kinders langs mekaar sit en sosiale media gebruik om te kommunikeer met die persoon langs hulle ipv om mekaar in die oe te kyk
Daardie ouers en kinders sou net iets anders gehad het wat hul aandag aftrek. ‘n Ouer kan by hom-/haarself sit en boeklees en van kind en kraai vergeet vir ure lank, of aangaan met hul eie stokperdjie, en vir ure “afgesny” wees van die kinders en gade. Gaan die boek of stokperdjie dan blameer word soos die rekenaar blameer word? Nee, want die uitkykpunt van meeste mense is, ‘n boek of stokperdjie (sê seëls versamel, of karre opbou) is mos nie so erg soos om voor ‘n rekenaar te sit nie. Die “ding” te blameer is die persoon wat nie balans hou nie, wat nie prioriteite daar stel nie. Enige iets kan misbruik word. Dit is die persoon se keuse, nie die ding wat misbruik word nie.
Jy kan elke liewe dag vir jou kinders sit en boek lees en saam met hulle gaan stap (voorbeelde), maar jy is nie noodwendig betrokke nie. Jy kan elke dag besig wees met jou gesin, maar nooit regtig daar wees vir hulle nie, so in jou gedagtes besig wees dat jy nie regtig agterkom wat om jou aangaan nie. Wat word dan blameer? Die probleem is nie die tegnologie nie, dit is maar net ‘n moderne kruk, soos ‘n boek, ‘n stokperdjie, ‘n sport wat beoefen word.
Myns insiens (en dit is my opinie) moet mense verby die oppervlak kyk na die regte oorsaak. Mense wys te vinnig vinger sonder om regtig te kyk wat aangaan. Voor rekenaars was daar ook mense wat gekla het dat die kinders/ouers te besig was met dit of dat, of hulle is nie regtig gesien of gehoor nie.
Dan is daar ook die kwessie dat ‘n nie-so-klein persentasie van die mense wat tegnologie gebruik, regtig makliker kommunikeer, openliker kan gesels met ‘n gesiglose persoon op die elektroniese apparaat as van aangesig tot aangesig.
Tegnologie is nie die probleem nie, dis ‘n kruk, soos vele ander daar buite maar die word nie so sleg gemaak nie.