Ons het besluit om vir kunstige Maandae die kinders vrye teuels te gee. Ons gaan bloot vir hulle ‘n medium gee om mee te werk en hulle kan daarmee maak wat hulle harte ook al begeer. Wel dit is die plan vir nou. Soos ek ons ken sal dit seker weer iewers verander.
Tog probeer ons so ‘n vinnig lessie in kuns ook inwerk. Die laaste “les” het ons oor kontrasterende kleure gepraat. Party van hul het dit toegepas, ander nie. En hulle kon met olie pastel werk.
Hier is dit wat hulle geskep het:
9 jarige:
8 jarige:
7 jarige:
5 jarige:
EK HOU VAN DIE EEN VAN DIE AGT
Ek hou van die alien…maar almal s oulik!
Baie oulik!