28 July 2015
Share

DSCF8796Vir vandag se wetenskap moes die kinders bietjie kreatief dink. Ek het vir hulle tandestokkies, mini marshmallows en jellietots gegee. Daarmee moes hul ‘n struktuur bou waarop ‘n boek kan lê. Hulle wou al gister begin toe hul hoor dis ons plan vir vandag, maar moes eers geduldig wag.

201527Ons knaap het duidelik al mooi gedink aan ‘n strategie en het dadelik weg gespring om ‘n piramide tipe struktuur te bou. Hulle het gou besluit die jellietots werk baie beter as die marshmallows, maar daar was ongelukkig nie genoeg van die nie. Sy eerste plan, was tot sy groot vreugde, ‘n sukses. Hy wou egter nog eers op die verbeter voor hy met iets nuuts begin het.

201525Sussa was nie so gelukkig nie. Sy het begin by ‘n kubis en die al meer en meer uit gebou. Dit het heelwat onsuksesvolle pogings geneem voordat die boek uiteindelik ook op hare bly lê het.

201526Daarna het sy ‘n blom (wat dan nou anders) prent gemaak en begin smul aan haar skeppings.

201528Die knaap het eers sy basis hoër gebou. Toe later sommer net ‘n kubis tipe struktuur gebou. Alles terwyl hy raas dat Sus die lekkers gaan opeet voor hy klaar is.