Ek was uiters sleg daarmee om die kwartaal die blog op datum te hou. Tog wil ek ‘n vinnige oorsig gee van wat ons op Wetenskap Maandae gedoen het. Van die aktiwiteite/eksperimente het die 2 jariges saam gedoen. Terwyl ander net die kinders tussen 6 en 12 gedoen het.
Die kinders het meer geleer oor magnetisme. Hulle het baie pret gehad om met staalsaagsels, metaal balletjies en magnete te speel.
Hulle het elk met hul eie konstruksie vorendag gekom uit roomysstokkies, duimdrukkers, strooitjies en tandestokkies. Dit is so interessant hoe elkeen se idee wat om te skep verskillend is.
Ons het reuse borrels probeer maak. Dit was nie ‘n groot sukses nie. Die borrels het telkens gebars voor dit werklik gevorm het. Die kinders het met allerhande planne vorendag gekom om wel borrels met die mengsel te maak. Alles van kleiner vorms met hul strootjies en wol tot met hul hand en later draad vorms.
‘n Paar dae later gooi ons 2-jarige toe asyn by winkel borrels tot die kinders se ontsteltenis. Net sodat hulle kan ontdek dat dit daarna beter borrels blaas. Ons moes toe ontdek dat gewone skottelgoed seep met asyn gemeng die beste borrels maak!
Die eksperiment van die kwartaal was waarskynlik die ooblecks (nie-Neoteniese vloeistof) van mielieblom. Dit is immers heerlik morsig. Die hoogtepunt was om na die speel die mengsel in ‘n sakkie te sit saam met ‘n rou eier en dit van die klimraam af te gooi. Hulle het dit ‘n hele paar keer gedoen voor die eier gebreek het.
Die kinders het ook geleer van sade wat ontkiem en dat alle sade nie altyd ontkiem nie al is omstandighede ideaal vir dit.
Ons grootste wetenskap les was egter ons sywurms, maar meer daaroor op ‘n ander keer.
Oulik en Interessant