12 December 2018
Share

Hierdie is ook die eerste jaar wat die vars 5 jarige ‘n klompie langer boeke gehad wat ek vir haar moes lees voor slaaptyd. Meestal het sy net prenteboeke dan verkies. Ouboet en sus het dit net so geniet. Die stories bly maar gunstelinge.
Die boeke wat sy geniet het was:

Winnie-die-pooh – AA. Milne (vertaal deur Alba Bouwer)
Potjie en Pretoria – Lynn Bedford Hall
Potjie en Kimberley – Lynn Bedford Hall
Diereland – Helena JF Lochner
Fransina Vark en die Dagbreek-Hotel – Lize Groenewald

En die res van die boeke wat ons gelees het was:

  1. Voetpad se kloof – Nortje
  2. Karavaan Karavaan – Wille Martin
  3. Balthasar – Annelize snyman
  4. Gesoek: Dinosourus van die Drakensberg – Empie Maritz
  5. Die Wildedruif val – PH Nortje – 1916 vloed in Baviaanskloof.
  6. Geknelde land – FA Venter – Groot trek se begin 1835
  7. Offerland – FA Venter – Groot Trek 1836 tot dood van Retief
  8. Die seun in die pad – Pieter W. Grobbelaar – Jan van Riebeeck
  9. Werfjoernaal – FA Venter – 1960 noordkaap
  10. ‘n Roofvoël uit die ooste – Rona Rupert – Tweede Wêreld oorlog uit die perspektief van ‘n Suid-Afrikaanse gesin
  11. Helde met hoewe – Dapper – Juliette Whelpton – Boereoorlog 1900
  12. Helde met hoewe – Fleur – Juliette Whelpton – Boereoorlog 1900
  13. Helde met hoewe – Bokkie – Juliette Whelpton – Boereoorlog 1900
  14. Die goeie, goue jare – Laura Ingalls Wilder
  15. Farmer boy – Laura Ingalls Wilder
  16. Daar het ‘n ster verskyn – Karl Kielblock – Speel af teen die agtergrond van Jesus se geboorte.
  17. Liewe Kolos – Annelize Morgan
  18. Die keer toe ek my naam vergeet het – FA Venter (Venter vertel van sy beroerte en herstel)
  19. Kaptein Gereke – Mikro
  20. Die middag voel na warm as – FA Venter
  21. Bontjie – Julia Cunningham
  22. Ngesomit – Sangiro
  23. Simba – Sangiro
  24. Op die Sonpad – PH Nortje (Korte verhale oor Nortje se gesin)
  25. Wellington se suiker – PH Nortje
  26. Kinders van die wêreld 1 (Ons het geleer oor die kultuur, godsdiens, geskiedenis en mense van Israel, Kanada, Indië, Skotland, Ghana, Shetland, Brasilië, Noorweë en Japan)
  27. Clash of Swords – Karyn Collett – ‘n Storie van ‘n Suid-Afrikaanse tuisskool gesin wat deur Skotland toer. Saam met die boek is daar ‘n aktiwiteitsboek beskikbaar. Die is genoeg om mens goed besig te hou terwyl julle leer van Skotland en sy kultuur en geskiedenis. Ons het nou ‘n hele jaar aan die boek en sy ekstras spandeer en steeds nie die helfte van dit gedoen nie)