2

Leeslys van ‘n 11 jarige seun

3 December 2018
Share

Soos ek reeds genoem het is kinders se belangstellings en vaardighede baie verskillend, maar hier is die boeke wat ons knaap die jaar gelees het.

Dalk gee die ook ‘n bietjie hoop vir jul later lesers. Die knaap het eers op 8 1/2 begin lees en toe met so ‘n spoed weg getrek. Ek weet daar is bekommerde mamma’s wat selfs nog wakker lê oor hul 11 jarige knape, maar wees gerus as hulle eers wegspring haal hul in teen ‘n spoed wat jou asem weg slaan! Voorlees vir die laatlesers is beslis ‘n wenresep. Dit bly bou aan hul woordeskat en hul liefde vir stories, sodat wanneer hulle wel self begin lees hulle nie regtig agter is nie.

Wat ek ook vind is dat daar tye is wat hy meer of minder lees. Winter is beslis ‘n tyd wanneer hy meer lees, maar selfs nou in die somer is daar dae wat ek hom nie weg kan kry van die lees af nie en dan ander tye wat hy vir ‘n paar weke baie min lees.

Sy gunsteling Afrikaanse boeke die jaar was PJ Schoeman se “Inspring, Kêrels” en “Uitspring, Kêrels”. En in Engels was dit Bear Grylls se “Mission survival 3: Sands of the scorpion”. Tot my vreugde begin hy nou Engels lees, maar dis beslis nog ‘n uitdaging. Hy lees veel eerder Afrikaans. Ek hoop dat die Engels nou ook stadig maar seker sal begin spoed vang.

Laas jaar se lys is hier en net soos sy sus is Asterix en Kuifie altyd ‘n wenner

In Afrikaans het hy gelees:

1. Baasspeurder blomkwist – Astrid Lindgren

2. Jy en hercules – Martie Preller

3. Kuifie: In die land van swart goud – Herge

4. Asterix die gladiator – Goscinny

5. Kuifie: Die krap met die goue knypers – Herge

6. Baasspeurder Blomkvist in die knyp – Astrid Lindgren

7. Baasspeurder Blomkwrst hier – Astrid Lindgren

8. Kuifie: Koning Ottokar se septer – Herge

9. Duine van die dood – DN Pfaff (opvolg van Die verhaal van die Grosvenor).

10. Asterix en die feesmaaltyd – Goscinny

11. Asterix in Britannie – Goscinny

12. Asterix die legioensoldaat – Goscinny

13. Kuifie: Die juwele van Castafiore – Herge

14. Asterix en die goue sekel – Goscinny

15. Asterix die Gallier – Goscinny

16. Asterix en die gote – Goscinny

17. Speurhond Willem op reis (1) – Elizabeth Wasserman

18. Anna Atoom en die seerower se dolk – Elizabeth Wasserman

19. Speurhond Willem n die seerower (2) – Elizabeth Wasserman

20. Asterix en die vertlore papirusrol – Goscinny

21. Asterix en die hoofman se skild – Goscinny

22. Speurhond Willem in die ruimte (4) – Elizabeth Wasserman

23.Asterix en die noormanne – Goscinny

24. Asterix en die olimpiese spele– Goscinny

25. Asterix en die groot geveg– Goscinny

26. Speurhond Willem in New York (5) – Elizabeth Wasserman

27. Speurhond Willem en die diamantdiewe (6) – Elizabeth Wasserman

28. Uitspring, Kerels! – PJ Schoemand

29. Die huis met groen oe – Mari Grobler

30. Hendrik Leerdam, Kaap van Storms – James Home & Peter Mascher

31.Klou: ‘n Superheld met Kolle – Fanie Vlijoen

32. Die groot Klein kaptein: Die Klein Kaptein – Paul Biegel

33. Die groot Klein kaptein: Die Klein Kaptein in die land van waar en wys – Paul Biegel

34. Die groot Klein kaptein: Die Klein Kaptein in die land van skrik en vrees – Paul Biegel

35. Die avonture van Magrietjie Swaaiboude – Marianna Brandt

36. Koenie se ontdekking – Engela van Rooyen

37. Op die wind se rug – Pets Marais

38. Oloff die swaardvegter (1) – Gerrie Radlof

39. Diva Veronica – Marianna Brandt

40. Die rooi prinses – Paul Biegel

41. Oloff die losprys (7) – Gerrie Radlof

42. Oloff die verraaier (5) – Gerrie Radlof

43. Oloff drie vreemde kapers (6) – Gerrie Radlof

44. Kuifie: die skat van Rackham die rooie – Herge

45. Kuifie: Die geheim van die eenhoorn – Herge

46. Kuifie: Die temple van die son – Herge

47. Oloff: Valk in die kraaines (8)– Radlof

48. Oloff: Die Spioen (9) – Radlof

49. Oloff: Aasvoels van die see (10) – Radlof

50. Kuifie in Amerika – Herge

51. Trekspoor in die wildernis – John Coetzee

52. J.Moestafa Tau – Amanda Brown

53. Kuifie: Die blou lotus – Herge

54. Asterix in Spanje – Goscinny

55. Oloff: Die swart Seemeeu (11) – Radlof

56. Oloff: Die Vloot van verwoesting (12) – Radlof

57. Oloff: Die Arm uit die see (13) – Radlof

58. Waar die leeus brul – Emily Pieterse

59. Asterix en Cleopatra – Goscinny

60. Kuifie en die pikaro’s – Herge

61. Oloff: Die skuim van die see (3) – Radlof

62. Oloff: Kaptein Oloff (4) – Radlof

63. Oloff: Die seerower se buit (14) – Radlof

64. Oloff: Die Blou Robyn (15) – Radlof

65. Asterix en die speelplek van die gode – Goscinny

66. Die geheime sending – Ned Gold

67. Die stoutsterte van Texel tot Tafelbaai – Marianna Brandt

68. Seun-alleen – Henk Botha

69. Asterix en die groot geveg – Goscinny

70. Asterix en die feesmaaltyd – Goscinny

71. Kuifie: Die stukkende oor – Herge

72. Oloff: Die spookskip van biskaje – Gerrie Radlof

73. Asterix en die koperpot – Goscinny

74. Inspring, Kerels – PJ Schoeman

75. Oloff: Die seewraak – Gerrie Radlof

76. Op die klein spoortjies – PJ Schoeman

77. Kuifie: Vlug 714 na Sydney – Herge

78. Kalaharie-kaskenades – GC & SB Hobson

79. Kamp F51 – Helene Roux

80. Soois op die spoor – John van der Berg

81. Speurer Kwaaikofski: Die kougomstrik – J. Banscherus

82. Karelsen-op-die-dak – Astrid Lindgren

83. Jongvrou van Orleans – Elisabeth Kyle (verhaal van Jeanne d’arc)

84. Skoonveld – Janti

85. Skwiek – Jaco Jacobs

86. Calvyn Vermaas se onfeilbare suksesplan (en hoe dit misluk het) – Sheila Greenwald

87. Keurboslaan: Jong doktor Serfontein (1) – Theunis Krogh

88. Die brawe rower Hoepsika – Paul Biegel

89. Die swerwerjagter – PJ Schoeman

90. Spore wat nie toewaai nie – PJ Schoeman

91. Asterix en die olimpiese spele – Goscinny

92. Asterix en die hoofman se skild – Goscinny

93. Asterix die legioensoldaat – Goscinny

94. Kuifie: Bestemming maan – Herge

95. Speurder Kwaaikofski: Die aand van die blou kaalkoppe – Banscherus

96. Speurder Kwaaikofski: Die pienk skoolspook – Banscherus

97. Speurder Kwaaikofski: Die geheim van die vlieende koei – Banscherus

98. Pippie Langkous – Astrid Lindgren

99. Pippie Langkous gaan aan boord – Astrid Lindgren

100. Pippie Langkous in die Suidsee – Astrid Lindgren

101. Rotsstorting – Helen Brain

102. Dubbelavontuur: In ‘n staalkis op die bodum van die see – JI Clark en Botsing in die wildernis – S Black

103. Vryheidsvlug – Kobus Bezuidenhout

104. Vang-hom – Winckler en Marais

105. Die stryd om Huts en Pot – Philippa Pearce

106. Swiep van die Kalahari – ID Lamprecht

107. Grenswag – HJ Vermaas

108. Nagmerrie in die bosveld – Johan Kock

109. Wie die dood erf – Allen Sharp

110. Speurder Kwaaikofski: Die slinkse slangslenter – J Banscherus

111. Speurder Kwaaikofski: Muise en gespuise – J Banscherus

112. Asterix en die groot moles – Goscinny

113. Asterix in Helvesie – Goscinny

114. Asterix en die Pikte – Goscinny

115. Asterix in Spanje – Goscinny

116. Kinders van Orion – Mike Heine

117. Asterix en die groot moles – Goscinny

118. Asterix en die verlore Papirusrol – Goscinny

119. Asterix die Gallier – Goscinny

120. Asterix en die feesmaaltyd – Goscinny

121. Die skat van Java – Karl Kielblock

 

En in Engels:

1. Tintin – The Castafiore Emerald – Herge

2. Asterix and the great crossing – Goscinny

3. Asterix in Corsica – Goscinny

4.Asterix and Ceasar’s gift – Goscinny

5. Asterix in Spain – Goscinny

6. Asterix and son – Goscinny

7. Asterix and the Laurel Wreath – Goscinny

8. And to think that I saw it on Mulberry Street – Dr Seuss

9. Asterix in Spain – Gpscinny

10. Astrix and obelix all at sea – Goscinny

11. Tintin and the lake of sharks – Herge

12. Mission survival 3: Sands of the scorpion – Bear Grylls

13. Puzzle pyramid – Susannah Leigh

14. Tintin: the seven crystal balls

15. Trapped in the deep – Robert Geline