Ek het lank gewik en weeg of ek die jaar ons hoogtepunte moet deel. Ek het net met te veel moedelose ma’s gepraat wat voel hulle het nie genoeg bereik die jaar nie. Toe besef ek dat ek elke jaar dieselfde voel. As mens elke dag met jou kinders werk sien jy dikwels nie al die groei so mooi raak nie. Dis gewoonlik eers as ek hier aan die einde van die jaar terug kyk oor die jaar dat ek besef hoe baie ons eintlik gedoen het.
En daarom het ek besluit om wel die te deel. Ek wil elkeen uitdaag om iets soortgelyk te doen vir hulle gesin. Vergeet van vergelyk met ander gesinne. Vier dit wat julle gesin die jaar gedoen het! En gaan loer gerus na die oulike video gemaak deur Marisa Haasbroek en Dr Dr Frank Müller oor 16 Beter maniere om vas te stel of jou kinders vorder .
So hier is ons jaar se hoogtepunt in ‘n klompie foto’s vasgevang.
Ons het 2017 afgesluit met ons jaarlikse Gesinspele.

En die Nuwe Jaar in gewag.

Ons eerste skooldag morspartytjie.

Ons het lekker aan SACSSA se steek en provinsiale atletiek deelgeneem as deel van die CHE se span

Ons meisiekind het weer die jaar die gimnastiek vreeslik geniet. Die Desember vakansie sonder gimnastiek is altyd vir haar vreeslik laaaaank.

Ek was vreeslik trots op hoe hard die 3 in die wintervakansie gehelp werk het om ons gimnastieksaal ‘n nuwe baadjie te gee.

Hulle het hul eerste musiek Eisteddfod gedoen. Die senuwees was maar erg, maar hulle het dit so geniet dat hulle dit weer wil doen.

Ons knaap was by die eerste SA Gym Games en kom toe terug met ‘n 2de plek vir vloer en 5de algeheel!

Terwyl ons in Gauteng was vir die gimnastiek het my vriendin die landbou mal seun van my landbou museum toe gevat. Hy kon net nie genoeg kry van al die trekkers en Lister enjins nie.

Met die Conquesta en Living Maths Olimpiades het dit ook weer goed gegaan.

Ons het weer die voorreg gehad om ‘n gansie groot te maak. Die kom kuier nog gereeld.

Die kinders kan nie wag om volgende jaar weer die River Challenge te gaan doen nie. Dit was vetpret!
Hier is baie handstands gedoen vir die 8 weke handstand uitdaging.

Hulle het saam met maats hul eerste Jaareinde Konsert (en braai) gehad. Daar’s besluit dat hierdie ‘n gereelde ding moet word.
En dan sommer net ‘n paar lekker dinge wat ons die jaar gedoen het.

Na ons Farmer Boy van Laura Ingels Wilder gelees het het ons ons eie dip kerse gemaak.

‘n Paar van die kinders se skeppings van die jaar.

Kleinsus was ook besig. Sy’s versot op teken en verf.

Ons het weer die jaar ‘n paar Vlytige Vrydae saam met maats gehad.

Hier’s gereeld een of ander lewendige / dooie gediertes.

Die hoogtepunt van my jaar is natuurlik dat my 9jarige nou elke Vrydagaand kos maak. Die beste deel daarvan is dat ek een dag glad nie hoef te wonder wat ons gaan eet nie. Sy doen als van beplan tot maak. En sy raak net so handige met bak en brou. ‘n Resepteboek is ‘n handige ding.

Daar het darem weer ‘n paar nuwe goed by Somme(r) Pret by gekom. Oa die eerste graad 5 pretpak.

Die knaap het ‘n kranige tuinier geword. Hy’t besproeiing vir ons en ons buurvrou ingesit en sy groentetuin vorder flink. Deesdae is hy verantwoordelik ons tuin. Van nat maak tot plant en onkruid beheer.
En laaste maar nie die minste nie is hier weer hope gelees. Ons leeslys is by Op ons boekrak 2018 en die kinders se eie lyste by Leeslys van ‘n 11 jarige seun en Leeslys van ‘n 9 jarige dogter. Ons oudste het ons ook verbaas deur ‘n resensie te skryf vir Litnet se jonglesers kompetisie en die graad 4-5 afdeling te wen met die resensie. Ek is seker die goed gebeur net om ons ma’s te kry om te ontspan. Want hierdie is my knaap wat dit haat om te skryf en wie nog nooit voor dit skooltipe skryf werk gedoen het nie. Hy lees net graag en al die lees het toe betaal.
Vergewe my as ek iets vergeet het. Duidelik het daar toe meer in die jaar gebeur as wat ek gedink het! Tyd vir bietjie asemskep voor ons weer die nuwe jaar aanpak.