Posts Tagged With: hoogtepunte

Ons 2016 Hoogtepunte

Die grootste hoogtepunt van my jaar is dat my oudste 2 kinders die wonder van lees ontdek het. Hulle is 7 en 9 en alhoewel hulle 2 jaar in ouderdom verskil het beide hierdie jaar vir die eerste keer ure spandeer om te sit /lê en lees. Hulle het elkeen digby die 100 boeke in die jaar gelees. Sommige boeke het beide geniet, maar oor die algemeen verskil hul belangstellings baie. Natuurlik was daar ‘n klomp kort stories in, maar ook ‘n hele paar waaroor ek vestom was. Ek sou nooit kon dink dat hulle op die ouderdom al van die stories sou lees en geniet nie. Boeke wat vir my by my oudste uitgestaan het was: Pippie Langkous van Astrid Lindgren, Slaaptydstories 1 en 2 van Arthur S. Maxwell, Danda van Chris Barnard, Hy leef van Jenny Tripp, Die groot dierstorieboek van Human, Jakkals wat plante eet, wat wou van Rosalind Kerven, Wit oemfaan van FA Venter, Speurder Proppie van CS Badenhorst en hy het ook elke Kuifie en Astrix en Obelix wat hy sy hande op kon kry gelees.

Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Kunsvlyt, skootboek, Tuisonderrig, Uncategorized, Wetenskap Maandae, wiskunde | Sleutelwoordw: ,, | 2 Kommentaar

Ons 2015 hoogtepunte

Dit is ongelooflik om te dink dat nog ‘n jaar amper op sy rug is. Dit beteken dis weer tyd om te kyk na die hoogtepunte van ons jaar, nes laas jaar die tyd

Omdat ek geen idee het waar om te begin nie, kyk ek maar chronologies terug op die jaar.

201414

Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Graad 2, Graad R, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,, | 4 Kommentaar

Ons 2014 hoogtepunte

So is nog ‘n jaar vinnig besig om leeg te hardloop. Die een, voel dit vir my, is in ‘n oogwink verby. Ek gaan lieg as ek sê dat dit ‘n jaar net van maanskyn en rose was. Met ‘n baba in die huis, wat nog die waarde van slaap moet ontdek, was ons klomp maar heel party dae verlep. Dankie tog dat ons nie die “school run” moes doen nie. Ek is nie so seker of ek dit sou oorleef het saam met die huiswerk en al die ander skool aktiwiteite nie. Ons kon gelukkig ons pas aanpas by almal se energie en konsentrasie vlakke.

Tog was selfs die min slaap ‘n seën. Ek het geleer dat ek meer kan ontspan. Dat my kinders meer leer as ek minder in meng. En dat liefde en aandag baie dinge reg toor. God se genade is genoeg vir vandag en more sal vir homself sorg.

Maar terug na al die hoogtepunte wat ek wil deel. Ons 7-jarige het die jaar afgeskop met sy eerste 200 stuk legkaart. Dit was nogal ‘n uitdaging vir hom. Nou net ‘n paar maande later vra hy dat ons saam ‘n 1500 stuk aanpak en so stuk stuk bou hy dit. Natuurlik kla hy aan die einde dat ek te veel gehelp het en ruk toe weer groot dele uit mekaar en bou dit oor! Hy het dit so geniet dat ons nog ‘n 1000 stuk uit haal. Die is nou al amper klaar en hy het die meeste daarvan self gebou.

2014-11-20-1865 Lees voort

Categories: Graad 1, Kunsvlyt, Ons lees, Tuisonderrig, Voorskool, wiskunde | Sleutelwoordw: ,,,, | 8 Kommentaar

Blog at WordPress.com.