Soos hul sê agterosse kom ook in die kraal. 2020 voel soos eeue terug en ek kom nou eers daarby uit om ons hoogtepunte van die jaar te laai.
Ek het einde laas jaar al ‘n lysie gemaak van wat ek wou laai en het die intussen weer verloor. Julle sal dus maar met ‘n beeld weergawe tevrede moet wees en kans is goed dat ek dinge gemis het.
Wat ek nie in beeld kan deel nie is al die aanlyn dinge wat ons beleef het agv die grendelstaat. Ons het SpaceX se vaart na die Internasionale Ruimte Stasie gevolg, heerlike die ballet stukke “Swan lake” en “Nutcracker” gekyk en Phantom of the Opera en Andrea Bocelli geluister/kyk.
4
Hoogtepunte van 2020
20 February 2021
‘n Wonderlike jaar. (Daardie pampoen is ‘n wenner!)
Die pampoene raak nou reg om te pluk. Hy het laas week twee van 12kg elk gepluk waarop hy so trots is!
Jy maak seker pampoenkoekies en soetpampoen en pampoentert en pampoenbredie…
Hmm, pampoenbredie, die het ek nog nie probeer nie. My lot is nie verskriklik lief vir soet groente nie, so hier word maar baie uitgedeel ook. Pampoenkoekies is die uitsondering, want hul glo dis poeding. Ek gaan wel ‘n hele klomp die winter inspan vir groentesop.