Ek het gedink dit is tyd vir ‘n nuwe leeslys. Die kinders is immers ‘n jaar ouer (5 en 7) en so saam met dit, verander wat ons graag lees. Gaan kyk gerus na van die boeke wat ons in die verlede gelees het en na stories oor Jan van Riebeeck wat ons geniet het. Die is verseker nie ‘n lys van alles wat ons lees nie. Ons neem immers elke maand tussen 20 en 30 boeke uit en daarby kom nog die boeke wat ons koop ook. Die lys is net die langer voorlees boeke wat die rakkers geniet. Juis omdat ek dit uitdagend vind om sulke boeke te vind wat ouderdom gepas is. Soos laas jaar sal die lys mettertyd groei soos ons voort lees.
- ‘n Tent vol sterre” van Keith Osler Anderson – ‘n heerlike storie oor die sirkus
- James Home se “Hendrik Leerdam – Seereis na die kaap“
- Liz de Groot se “Die Avonture van Pol en Jan van Riebeeck”
- Martie Kruger en Martie Preller se “Jamie en Sebastiaan en die storiemol.
- En ‘n lekker leer boek “Hoe cool is dit? van Lapa uitgewers.
- “Wolf en Hond” van Sylvia vanden Heede.
- “Striep” van Henk Figee
- “Die geheime bestandeel van Petra Pienk se piesangbrood” en “Oe-la-la Lulu” van Fanie Viljoen – Die stories is meer gerig op dogters, maar daar is genoeg avontuur en aksie in om ons knaap se aandag ook te behou.
- “Slim Jan die Jakkalsman” van Roald Dahl
- Marianna Brandt se “Om die wêreld”, “Diva Veronica“, “Die avonture van Magrietjie swaaiboude“
- Elmarie Botes se “Speurder Annika kry snuf in die neus” en “Speurder Annika maak ‘n plan“
- Annie MG Schmidt se “Ottie” en “Wannie van die woonstel“. Ouma het vir die kinders vir Wannie voorgelees en al 3 van hulle het dit vreeslik geniet.
- Esta Steyn se “Die kolonel“
- Annelie Ferreira se “‘n Kameel, ‘n sprinkaan en ‘n vrot tamatie“
- Carina Diedericks-Hugo se “Operasie M.I.A.A.U”
- Martie Kruger se “Oorleef”. Ons 7 jarige knaap is mal oor die kies jou eie storielyn tipe stories. Ons 5 jarige pop was egter nie te mal oor die storie nie. Daar word ‘n spook storie in vertel wat nie geskik is vir gevoelige kleiner ore. Ek was ook nie te gek oor die beskrywing van seuns en dogters wat vir mekaar ogies maak nie. Ek sou dit voorstel vir effe ouer kinders.
- Goscinny en Uderzo se “Asterix en die Gote”
- Janie Oosthuysen se “Bessie Hemelbesem, Oom Sak Sarel se testament”, “Bessie Hemelbesem en die skat van smokkelaarsbaai”
- Freda Linde se “Die Singende Gras” (ons knaap het die boek baie geniet), “Dakkuiken” (ouma het die vir hulle gelees en was nie beïndruk met die taal gebruik nie, maar hulle het die storie geniet), “Die Rooi Haan” (nog ‘n boek wat ons knaap vreeslik geniet het)
- Astrid Lindgren se “Die Kaskenades van Emile”, “Die kattekwaad van Emil” en ” Die streke van Emile”. Hierdie boeke is van die wat ek die meeste geniet het in ‘n lang tyd. Ek kan nie wag om elke dag ‘n stuk voor te lees nie en die kinders geniet al Emile se dinge net so baie.
- “Die Natuurbilioteek: Die eekhoring” – ‘n lewendeboek oor eekhorings, “Die krimpvarkie” Die boeke in die reeks is fantasties. Deur die storie leer mens baie van die betrokke dier. Die kinders was mal daaroor
- Cor Lindeque se ” Soekie-hulle in die Okkiebokkiebosveld”
- Piet Grobler se “Professor Experimento se verskriklike formules”
- Jenny Valentine se “Ek en Bella en die nuwe baba”. Ons het al in die verlede die ander boeke in die reeks gelees. Ek het vergeet hoe baie ons kon giggel vir al Bella se se-goed.
- Maartens se “Wonderlike Ware Dierestories“
- Alba Bouwer se “Katrientjie van keerweder”
10 Responses
[…] het ongelooflike stories gelees. Die top 3 (in geen betrokke volgorde) wat die jaar uitgestaan het was 1)”‘n Tent vol […]
[…] lees lysie by sit vir kleinsus wat nou 1 is. Gaan loer gerus wat ons gelees en geniet het in 2014 en […]
[…] het al verskeie stukke geskryf oor die boeke wat ons lees. ‘n Lys van wat ons in 2013, 2014 en 2015 gelees het. Ek het ook al geskryf oor party van die boeke/temas wat ons geniet het soos die […]
[…] weer tyd is om ‘n nuwe leeslys te begin. (Die vorige jare kan hier gevind word – 2015, 2014, 2013). Dit bly maar ‘n uitdaging om boeke te vind wat die kinders almal geniet. Kleinsus (2) […]
[…] wat ‘n woord beteken. (Ons leeslyste vir die vorige jare kan hier gevind word – 2016, 2015, 2014, 2013 en ons gunsteling lewende […]
[…] wat iets beteken. (Ons leeslyste vir die vorige jare kan hier gevind word – 2017 2016, 2015, 2014, 2013 en ons gunsteling lewende boeke. En dit wat die oudste 2 self gelees het die jaar is hier: […]
[…] leeslyste vir die vorige jare kan hier gevind word – 2018, 2017, 2016, 2015, 2014, 2013 en ons gunsteling lewende […]
[…] is. (Ons leeslyste vir die vorige jare kan hier gevind word – 2019, 2018, 2017, 2016, 2015, 2014, 2013 en ons gunsteling lewende […]
[…] (Ons leeslyste vir die vorige jare kan hier gevind word – 2020, 2019, 2018, 2017, 2016, 2015, 2014, 2013 en ons gunsteling lewende […]
[…] het al verskeie stukke geskryf oor die boeke wat ons lees. ‘n Lys van wat ons in 2013, 2014, 2015, 2016, 2017, 2018, 2019, 2020 en 2021 gelees het. Ek het ook al geskryf oor party van die […]