Posts Tagged With: lewende boeke

‘n Tydlyn vir lewende geskiedenis

Ons volg ‘n lewende boek benadering van leer. Die voorlees van goeie lewende boeke vorm dus die ruggraat van hoe die kinders leer. Dit is ongelooflik hoe baie feite kinders leer uit stories wat ‘n historiese agtergrond het. (Dieselfde geld natuurlik van die natuur, ons wêreld – aardrykskunde ens.). Lees voort

Advertisements
Categories: Graad 2, Graad 4, Ons lees, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,,,,,, | Lewer kommentaar

Op ons boekrak 2016

Dis ongelooflik om te dink dat dit al weer tyd is om ‘n nuwe leeslys te begin. (Die vorige jare kan hier gevind word – 2015, 2014, 2013 en ons gunsteling lewende boeke). Dit bly maar ‘n uitdaging om boeke te vind wat die kinders almal geniet. Kleinsus (2) steur haar nog nie te veel aan die stories nie en speel gewoonlik sommer net in die omgewing of sit op my skoot (en wil blaai voor dit tyd is 😉

Die ouderdomsverskil tussen die 2 oudstes, wat 9 en 7 is, is nie so seer ‘n probleem nie, soos wat die feit dat dit wat meisies en seuns in belangstel hemelsbreed verskil. Ek vind ook dat ons 9 jarige knaap stories begin geniet waarin daar emosionele intriges is. Hy geniet die karakterbou, terwyl ons Pop dit nog hartseer of ontstellend vind. Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 3, Ons lees, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,,,, | 6 Kommentaar

Die wonder van lewende boeke

=

Ek was nog altyd ‘n boekwurm. Vra maar my familie. Natuurlik wil ek graag die liefde vir lees vir my kinders ook leer. Daar is geen beter manier om dit te doen as om vir hulle voor te lees nie.

My 8 jarige is ‘n goeie voorbeeld daarvan, maar meer daaroor op ‘n ander dag.

So lees ek al vir jare elke dag vir hulle voor. Wel gewoonlik meer as een keer ‘n dag. Ek probeer immers om ten minste ‘n uur dag vir hulle te lees. Ons het al die wonderlikste boeke saam ontdek. Dit is egter eers ‘n paar jaar terug wat ek gehoor het van lewende boeke (living books). Dit is stories wat meer as net ‘n storie is. Dis stories waaruit jy iets leer van iets of iemand, ‘n plek of geskiedkundige gebeurtenis. Interessant genoeg is dit gewoonlik die stories wat meeste mense in elk geval die meeste interesseer, want dit is stories wat geskryf is deur iemand wat ‘n passie vir iets het. Iemand wat geskryf het oor iets wat vir hulle van waarde is. Lees voort

Categories: Ons lees | Sleutelwoordw: ,,,,,,,,,, | 12 Kommentaar

Lewende boeke en Jan van Riebeeck

Die kinders was nog altyd gek oor boeke wat gegrond was in die werklikheid. Dit gryp hulle verbeelding soveel meer aan as fantasie boeke en beste van alles – hulle leer iets daaruit. Eers onlangs het ek egter geleer dat daar ‘n term vir stories is waaruit mens meer kan leer oor ‘n plek, historiese persoon ens. Dit word lewende boeke (living books) genoem.

Ek wens daar was ‘n vet lys van lewende boeke, maar ongelukkig weet ek nie van een nie. Ons loop dus net per geluk nou en dan sulke boeke raak. Een van ons onlangse ontdekkings was ” ‘n Tent vol sterre” van Keith Osler Anderson. Die storie is gebaseer op die ware verhaal van ‘n seun wat wegloop uit ‘n kinderhuis om by die sirkus aan te sluit. Ons 3 was gefassineer om te leer van die wêreld van sirkus artieste en hul leefstyl. Lees voort

Categories: Ons lees, Tuisonderrig | Sleutelwoordw: ,, | 3 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.