Posts Tagged With: laerskool

‘n Kwartaal van eksperimente

So het die eerste kwartaal tot ‘n einde gesnel en staan ons al weer op die vooraand van ‘n nuwe kwartaal. Ons het laas kwartaal weer ‘n paar interessante dinge gedoen op ons wetenskap Maandae. Voor die nuwe kwartaal afskop wil ek dit graag met julle deel.

Ons het die jaar afgeskop deur te praat oor hoe ‘n regte eksperiment gedoen word. Dat jy eers kyk wat jy wil toets, dan besluit hoe jy dit gaan toets, wat jy dink gaan gebeur. Daarna volg die eksperiment. Laaste word gekyk wat gebeur het (of dan nou nie gebeur het nie) en hoekom jy dink dit so is. As ‘n voorbeeld het ons gekyk na die spoed waarteen papier helikopters val. Ons het die helikopters van http://paperairplanes.co.uk/heliplan.php en http://www.paperhelicopterexperiment.com gebruik. Die kinders het beurte gemaak om die helikopters te laat val, terwyl van die ander met stop horlosies moes meet hoe vinnig dit val. Telkens het 2 gemeet en dit was ‘n goeie les, omdat hulle kon sien dat elkeen se tye verskil het as gevolg van menslike foute. Ons het ook elke helikopter meer as eenkeer laat val, sodat hulle kon sien dat die omgewing ook ‘n invloed het. Aan die einde het ons gemiddeldes uitgewerk en gekyk watter helikopters die stadigste en vinnigste geval het. Ironies genoeg het die oorspronklike eenvoudige helikopters die stadigste geval. Die beste was toe ek aan die einde vir hulle verduidelik dat aan die einde van ‘n eksperiment mens alles van die begin hipotese tot die resultate en gevolgtrekkings alles moet dokumenteer. Hulle was nie beïndruk met die gedagte dat hulle dit dalk nou moes doen nie. Ons ma’s het lekker gegiggel. Duidelik geniet hulle die doen van eksperimente, maar nie die papier werk deel daarvan nie. Lees voort

Advertisements
Categories: Eksperimente, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Graad 5, Graad 6, Uncategorized, Wetenskap Maandae | Sleutelwoordw: ,,,,,,,,,, | Lewer kommentaar

Die wonder van lewende boeke

Ek was nog altyd ‘n boekwurm. Vra maar my familie. Natuurlik wil ek graag die liefde vir lees vir my kinders ook leer. Daar is geen beter manier om dit te doen as om vir hulle voor te lees nie.

My 8 jarige is ‘n goeie voorbeeld daarvan, maar meer daaroor op ‘n ander dag.

So lees ek al vir jare elke dag vir hulle voor. Wel gewoonlik meer as een keer ‘n dag. Ek probeer immers om ten minste ‘n uur dag vir hulle te lees. Ons het al die wonderlikste boeke saam ontdek. Dit is egter eers ‘n paar jaar terug wat ek gehoor het van lewende boeke (living books). Dit is stories wat meer as net ‘n storie is. Dis stories waaruit jy iets leer van iets of iemand, ‘n plek of geskiedkundige gebeurtenis. Interessant genoeg is dit gewoonlik die stories wat meeste mense in elk geval die meeste interesseer, want dit is stories wat geskryf is deur iemand wat ‘n passie vir iets het. Iemand wat geskryf het oor iets wat vir hulle van waarde is. Lees voort

Categories: Ons lees | Sleutelwoordw: ,,,,,,,,,, | 13 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.