Ons het “Die Singende gras” deur Freda Linde gelees en vreeslik baie geniet. Die storie speel in Suidwes (Namibie) af en dit was ‘n ideale kans om meer oor kamele te leer.
Ons het toe “Die kameel” deur Malie Smuts en AJ Bezuidenhout gelees wat ‘n skatkis vol kameel feite is, dis nou as jy eers deur die eerste hoofstuk oor die evolusie van die kameel kan kom.
Ek het interessante ekstras op die internet gevind.
http://www.activityvillage.co.uk/sites/default/files/images/camel_tracing.gif – Lyne om na te trek vir my 5 jarige
http://www.print-ables.com/dots/camel.jpg – ‘n dot-to-do wat tot by 120 gegaan het vir my 7 jarige
http://www.gutwin.org/mt/rcblog/archives/camel-maze.gif – ‘n kameel doolhof. My kinders is altyd mal oor doolhowe
http://www.fao.org/docrep/003/x6526e/X6526E40.gif – ‘n kaart met die verspreiding van kamele
http://www.freechristianillustrations.com/Camel%202.pdf – ongelooflike oulike inkleurprente met ‘n Bybel tema.
http://www.hellokids.com/_uploads/_tiny_galerie/20090209/camel-color-by-number-source_1uv.jpg – getal herkenning.
Daar is ‘n magdom Bybel teksverse oor kamele. Ons het Matt 23: 24 gekies en gebruik as handskrif oefening. Laai dit gerus hier af: Matt23:24
Ek het hierdie keer vir die eerste keer ‘n bladsy in gevoeg waarop hulle self kon feite neer skryf wat vir hulle interessant was. Dit het so goed gewerk. In plaas daarvan dat ek gesit en kom krap het, kon ek net nog ‘n kykie kry in hoe hulle dink. Altyd fassinerend.
Homeschool Share het 2 skootboeke oor kamele, http://www.homeschoolshare.com/cappy_the_lonely_camel.php en http://www.homeschoolshare.com/camel_lapbook.php. Ek het van die bladsye vir ons in Afrikaans vertaal. Laai dit gerus hier af:
familie – Al die diere in die kameel familie, met prente om te plak (familie prente).
Sterk – So sterk soos ‘n kameel
Die waarheid – ‘n Paar interessante kameel feite
Dromedaris – ‘n Bladsy met 3 boksies waarin enige iets interessant oor die kameel geplak of skryf kan word.
2 Responses
[…] (lapbooks) ontdek en die kinders het so baie geleer van hul vel en hare, gimnastiek, eekhorings, kamele, slakke, krimpvarkies en hoenders. Dit is so ‘n heerlike manier om literatuur, wiskunde, […]
[…] Ek het al verskeie stukke geskryf oor die boeke wat ons lees. ‘n Lys van wat ons in 2013, 2014 en 2015 gelees het. Ek het ook al geskryf oor party van die boeke/temas wat ons geniet het soos die geskiedenis rondom Jan van Riebeeck, Swede en kamele. […]