28 September 2014
Share

DSCF5838

Hier is so baie boomrotte, ag ek bedoel eekhorings, wat elk dag in ons tuin rond baljaar dat dit seker onvermydelik was dat ons een of ander tyd meer oor die diertjies sou leer. Toe vind ek ook nog ‘n fantastiese lewendeboek, Natuurbiblioteek: Die Eekhoring, in ons biblioteek. Die boek vertel alles van eekhorings se gewoontes, kos, predatore en vele meer in die vorm van ‘n fassinerende storie. Ongelukkig moes ek toe ontdek dat ons biblioteek net nog een ander boek in die reeks het en dat dit op die oomblik uitgeneem is. Ek hoop van harte dat ons nog van die boek in die hande sal kan kry!

 

DSCF5839

Buiten vir die boek wat ons gelees het het ons ook nog meer inligting gekry  by http://animals.nationalgeographic.com/animals/mammals/squirrel/ en ‘n klomp video’s oor hulle gekyk. Van die oulikes was:

www.youtube.com/watch?v=FSs7BMdrcac – ‘n video oor 3 tipes eekhorings (rooi, grys en grond)

www.youtube.com/watch?v=ODAB6MtGaSo – ‘n video oor ‘n baba eekhoring met 10 eekhoring feite

www.youtube.com/watch?v=bYfEG2b_5kY – ‘n video oor die interaksie tussen ‘n rooi en grys eekhoring

DSCF5840

Teen die tyd het ek al heel handig geraak om skootboek velle in Afrikaans te vertaal en het weer ‘n klompie van die by

www.homeschoolshare.com/squirrels.php gebruik. Julle kan dit wat ek gemaak het hier aflaai:

tipes en oorlewing – Die eekhoring familie en die verskillende oorlewings tegnieke wat die eekhoring gebruik.

Vrae – 2 Vrae oor eekhorings (Hiberneer alle eekhorings? en Onthou hulle altyd waar hulle hulle kos weggesteek het?)

Verskillende tipes – die 3 algemeenste eekhorings en wat hulle verskillend maak

Handige sterte –  Waarvoor eekhorings hulle sterkte alles gebruik

eekhoring woord soek 

anatomie – knip en plak die eekhoring se anatomie

Veldgids – wanneer eekhorings bedrywig is en wat julle alles van hulle waargeneem het.