2

Voorskool produkte

3 June 2019
Share

So stadig maar seker groei die elektroniese produkte wat ek skep. Ek het gedink dit is dalk tyd om dit bietjie te orden en aan julle bekend te stel.

Vandag wil ek fokus op dit wat vir voorskool (voor graad 1) beskikbaar. Ek wil vir die ouderdomsgroep egter waarsku dat konkrete leer nog belangriker is as vir ouer kinders. Moenie te veel op werkvelle en by-die-tafel-leer fokus nie.

Tog het ek self ‘n 5jarige. Sy is nie lief vir tafel werk nie (buiten as dit teken en inkleur is, waaroor sy gek is), maar as jongste is daar heelwat tyd wat sy moet besig bly terwyl ons wag vir ouboet en sus by aktiwiteite. Dan is dit lekker vir haar om haar eie werkies te hê.

In my Somme(r) Pret reeks is Somme(r) Pret Begin! beskikbaar vir die kleintjies. Dit bevat 30 wiskunde aktiwiteitsbladsye en kos R40. Dit is ook beskikbaar in Engels as “Number Ad(d)venture Smart Start”

Sommer pret begin

Lente Pret Graad R bevat 10 aktiwiteite met optel en aftrek binne 10, tel, patrone en na­trek oefeninge. Dit kos R9 en is ook beskikbaar in Engels as “Spring Activity Pack: Grade R”voorbeelde

Die Robot Pret Graad R bevat 10 aktiwiteite met tel, getal erkenning, patrone, na­trek, logiese denke, doolhof en inkleurprent. En kos R9. Dit is ook beskikbaar in Engels as “Robot Fun Pack: Grade R”

Robot graad R vb

Prinsesse Pret­pak Voorskool bevat 8 aktiwiteite met getal erkenning, tel, na­trek, ‘n doolhof, spieëlbeeld teken, rangskikking van minste na meeste en kleinste na grootste en skaduwee pas. Dit kos R8.

Prinsesse voorskool vb

Rooster inkleur / Grid Colour­in bevat 5 roosterprente om in te kleur. Die pak is tweetalig (Afrikaans/Engels). Vir elke roosterprent daar die opsie om te kies tussen getal inkleur of om die optel en/of aftrek somme in te kleur. Prys: R5

Grid aftrek

Getal­-aktiwiteitsboek bevat 18 aktiwiteite vir kinders wat getalle van 1 tot ­ 9 begin uitken. Die aktiwiteite sluit in natrek, pas die skaduwee, roosterinkleur, soek die verskille, verbind die kolle (“dot to dot”), tel, patroon uitbreiding en ‘n doolhof. Dit kos net R15.

aktiwiteitsboek vb

Gimnastiek Pret – Gymnastics Fun bevat 13 voorskoolse aktiwiteite.
Die pak is tweetalig (Afrikaans/Engels). Die aktiwiteite sluit in natrek,
pas die skaduwee, roosterinkleur, soek die verskille, tel, papierpoppe,
inkleur en ‘n doolhof. Dit kos R12.
Gimnastiek pret ex

Kolle­kuiken kry ‘n gesin is die verhaal van die kolganskuiken wat ons gesin gevind en groot gemaak het. Kom kleur self ons storie in, leer meer oor kolganse en geniet die 5 kolgansaktiwiteite. 54 bladsye teen R30.

collages9

En dan sommer net ‘n gratis bordspeletjie om uit te druk:
50tig kaart speletjieEn ‘ngratis soek en vind aktiwiteit:

soek en vind