Ek hoor al hoe van julle julle asems geskok intrek. Nee, ek bedoel nie ‘n goeie ma is ‘n “lady of leasure nie”. Maar ‘n goeie ma weet wanneer om “lui” te wees en haar kinders iets self te laat doen.
Om lewensvaardighede baas te raak het kinders nodig om dit te doen, om dit te oefen. Jy kan nie leer swem deur ‘n handleiding oor swemtegnieke te lees nie. Jy het nodig om in ‘n swembad te klim en te oefen om te swem. Gaan jy lê dat iemand jou opereer wat nog net ‘n mediese handboek gelees het daaroor?
Net so kan ons nie van kinders verwag om basiese dinge te doen deur daarvan in ‘n boek te lees of selfs net om te sien hoe ons dit doen nie. Hulle het nodig om self hul bed op te maak. Al gaan hul dit nie die eerste 100 keer so netjies op maak soos jy graag wil hê hulle dit moet doen nie. Dieselfde geld vir vloere was, badkamers skrop, kos maak, inkopies doen (ja, selfs daar gaan meer aan as bloot om net ‘n klomp goed in jou trollie te gooi en daarvoor te betaal. Dis lysies maak en beplan wat nodig is, bereken hoeveel dit gaan kos en of dit binne jou begroting is.)
Dit strek egter verder as net blote alledaagse dinge. Vir kinders om tyd te leer het hulle nodig om konstant te oefen om dit lees. Hulle het nodig om te dink oor hoe lank dit nog gaan neem voor hulle moet reg maak om iewers heen te gaan. Hoeveel tyd nodig is om ‘n betrokke taak af te handel. Hulle moet self kan uitwerk dat as dit 10:25 is en julle 10:45 moet ry dat hulle 20 minute het om hulle goedjies in die kar te kry. So dikwels sukkel kinders met die wiskunde konsepte (om nie te praat van tydsbestuur nie), want hulle het nooit die geleentheid gehad om dit prakties te oefen en te bemeester nie.
Hulle gaan nooit ‘n taal baas raak deur bloot die taal en spelreëls te leer nie. Hulle het nodig om goeie taal te hoor, te lees en dit self in gesprekke te gebruik.
So mamma, as jy wonder hoe laat dit is, vra jou kinders! As julle iewers heen moet gaan vra jou kinders hoe lank dit nog gaan wees. En as hulle vra laat hulle self gaan kyk en uitwerk.
As die vloer ‘n was kort gee vir hulle die besem en mop. Werk aanvanklik saam, maar gee hul geleidelik die vryheid om dit self te doen. En weerhou jouself dan daarvan om kritiek te lewer oor die eindproduk. Prys hul gewilligheid om dit self te doen. Volgende keer kan jy voor hul begin hul ‘n wenk of 2 gee hoe om te verbeter. Dikwels is dit nie eers nodig nie. Dikwels gaan hul deur blote herhaling die taak begin bemeester.
Ja, jou huis gaan dalk nie skitterblink van bo tot onder nie, maar oor ‘n paar jaar gaan jy jongvolwassene hê wat hul deel van die take kan doen. En jongmense in die wêreld instuur wat op hul eie voete kan staan.
Ek stem 100 persent saam met jou. 😊
Baie goeie raad vir jong mammas. Dit gaan ook so ooe skoolwwerk. Hulle kan vir jou kom raad vra of vir jou wys as dit klaar is, maar hulle moet dit seld doen en self leer.
Ons is nooit met huiswerk gehelp nie. DIY.