Mense is gewoonlik baie skepties as ek vir hulle verduidelik dat kinders nie baie wiskunde het om te leer in die grondslagfase nie.
Ek verstaan dit heeltemal. As mens immers na die hoeveelheid werk in die handboeke en werkboeke kyk lyk dit alles behalwe min. Daarby sal ouers met kinders in die skool kan getuig van hoeveel tyd nog aan huiswerk gespandeer moet word bo-op dit wat die kinders in klastyd doen.
Wat meeste mense egter nie besef nie is dat baie van die werk herhaling en nog herhaling en dan nog bietjie herhaling is. Alles pogings om die kinders te kry om hopelik die werk te verstaan en te onthou.
Die probleem is dat papier werk nie baie effektief is nie. Dit vat baie tyd en herhaling om iets te vermag wat eintlik relatief maklik en pynloos kon gebeur het deur praktiese leer en speletjies.
Indien jy steeds skepties is wil ek ons onlangse ervaring met World Maths Day deel. Die Internasionale kompetisie vind op die live Mathletics platform plaas. Kinders wat deelneem moet dan 20 rondtes van 60 sekondes elk speel waarin hulle soveel somme probeer doen as moontlik. Die moeilikheidsgraad verskil vir elke graad.
My graad 3 het ook weer die jaar deel geneem. Dit is vir haar groot pret en sy voel beslis nie gedruk vir tyd nie. As jy haar moet dop hou sal jy besef dat sy baie vinniger kan antwoord as sy nie lewendige kommentaar lewer soos sy aangaan nie. Tog het sy dit reg gekry om 38ste in Suid-Afrika te eindig.
My suster sal vir julle kan vertel dat sy Januarie nog op haar vingers meeste somme gedoen het (en sy doen dit steeds as sy lui is om te dink). Sy is regtig nie ‘n spoed reus as dit by hoofrekeninge kom nie. Tog het sy dit reg gekry om tussen 34 en 43 optel somme tot 10 per minuut te doen (vlak 1). 10 tot 14 optel en aftrek tot 20 (vlak 2). En 2 tot 8 optel en aftrek tot 50 en 2, 3, 4, 5 en 10 maaltafel. Alles deurmekaar gegooi. (vlak 3)
Sy sit nie ure by die tafel om wiskunde te doen nie. Sy het dit nog altyd speel-speel en prakties geleer. Van al my kinders het sy waarskynlik die minste “tafeltyd” agter die rug. Ek het immers slimmer geraak oor die jare en al meer besef dat boeke tyd nie nodig is nie.
Maar kom ons kom terug na die hoeveelheid werk vir die grondslagfase. As deel van die World Maths Day kry kinders ook vir ‘n maand toegang tot die Mathletics platform. So vir die laaste maand het sy elke dag tussen 10 en 30 minute die program gebruik. Sy het baie meer daarvan gehou om deur die aktiwiteite te werk en Multiverse (‘n maaltafel speletjie) te speel.
In een maand het sy deur omtrent 60% van die graad 3 se werk gewerk in ongeveer 10 minute ‘n dag! Ja, jy het reg gelees. In 5 ure het sy 60% van graad 3 se werk gedek. Ek het gaan kyk na wat sy alles gedoen het en sy het al die leerareas voltooi (buiten die tyd afdeling se toets). Die deel van die werk wat oor was was nog optel, aftrek, maal en deel inoefen aktiwiteite. Die het sy in effek in die live Mathletics sessies en Multiverse speletjie gedoen wat sy in die res van haar tyd elke dag gespeel het.
Hierdie wys dus 2 goed. Eerstens dat die werk nie so baie is as wat ons dit wil maak nie. Tweedens dat sy teen die einde van die eerste kwartaal van graad 3 basies reeds klaar is met graad 3 se werk. En dit sonder trane, sonder ure se tafel werk en sonder om somme in te dril.
Tuisskool kan dus makliker en lekkerder wees en steeds beter resultate lewer (soos Marisa van Oolfant altyd sê).
Ek hoop dat hierdie ander ouers die gemoedsrus sal gee om ook eerder prakties en speel-speel te werk en minder te stres daaroor om hul besige lyfies agter ‘n tafel vas te pen om te kan leer.
Indien julle nuuskierig is my ander 2 het ook goed gevaar met World Maths Day. Hulle geniet net die hoofrekeninge van liveMathletics en die Multiverse meer en het nie baie tyd aan die ander aktiwiteite spandeer nie. Indien julle wonder hierdie is een van die maniere wat ek hulle kry om maklik maaltafels te leer.
Ons graad 4 het 106de in SA geëindig en 1682ste in die wêreld . Glad nie sleg as jy hoor dat oor die 10 miljoen kinders aan die kompetisie deelneem nie. Dus meer as ‘n miljoen kinders per graad!
Ons graad 9 het in die graad 9 tot 12 kategorie geval en het 4de in SA en 625ste in die wêreld geëindig. Julle kan seker sien dat hy absoluut versot is daarop om teen tyd en teen ander kinders somme te doen.
Die vrae wat hy moes beantwoord is al aansienlik moeiliker en dis nogal kophou soos ‘n dronk weeluis as dit so vinnige gemeng opmekaar volg (Veral omdat hulle die vrae in Engels vra en hy vinnig moes leer wat van die terme beteken). Die laaste 2 vlakke se werk wat gevra word is:
LEVEL 7
Sum, difference, product and quotient
Cubes
Operations with integers
Volume and capacity conversions
Order of operations I
The Cartesian plane I
Equivalent fractions
Ratios
Volume of rectangular prisms I
Area of plane shapes I
LEVEL 8 Statistical measures
Simplifying algebra I
Algebraic substitution I
Order of operations II
Terms in a sequence with decimals II
Area and volume conversions
Factoring I
Volume of rectangular prisms II
Area of plane shapes II
Recurring decimals