wiskunde

Somme hou my besig

Die laaste ruk is ek stil. Sien ek het hierdie mal perd opgesaal. Iewers in ‘n minder helder oomblik het ek besluit dat dit nou die tyd is om te begin werk aan ‘n wiskunde aktiwiteitsboek.

EIMAG1172-1k sit al so lank met die idee in my kop. My knaap is gek oor somme, maar haat dit om voor ‘n vervelige bladsy te sit en honderde van dieselfde ding oor en oor te doen. Gee hom egter iets wat dieselfde goed op ‘n prettiger manier doen en hy sal vir ure sit en daaraan werk. Lees voort

Categories: wiskunde | Sleutelwoorde: , | 7 Kommentaar

Olimpiades en dinge

Ons knaap is nog altyd gek oor syfers. Hy’s die tipe kind wat by die Playball sou staan en tel hoeveel maats daar is en of die juffrou genoeg vorms uitgesit het. Of die boontjiesakke sou tel en besluit daar is genoeg, sodat elkeen 2 kan kry. Dis net hoe sy kop werk.

Om die rede is ek altyd opsoek na nuwe uitdagings vir hom. Iets lekkers wat sy ratte so bietjie sal laat draai. So het ek toe hy 6 was op die World Education Games afgekom. Daar is ‘n paar dae voor die offisiële Spele wat die kinders die platform beter kan leer ken. Dit word gevolg deur 3 dae van die amptelike Spele. Een vir wiskunde, een vir geletterdheid en een vir wetenskap.  Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 2, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , , | 4 Kommentaar

Kringetjies-en-kruisie somme

Gister vind ek my 6 en 8 jarige pens en pootjies bo-op die tafel besig met ‘n speletjie. Ons knaap het ‘n nuwe speletjie uitgedink en die twee geniet hul gate uit.

Hulle moes eers vir my die speletjie verduidelik. Dit werk op die konsep van kringetjie-en-kruisies waar jy 3 in ‘n ry moet kry. Buiten dat vir die spel moet jy om die beurt op elke blokkie ‘n 1/2/3/4 skryf. Om ‘n ry vol te maak moet die som van die 3 getalle 10 wees. Hulle het ‘n hele bladsy vol van die “somme” gemaak voor ek hulle ontdek het. Wat ‘n vreugde as die oudste die jongste sommer leer. Lees voort

Categories: Graad 1, Graad R, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , , , | 4 Kommentaar

Wiskunde programme

Ons Mathlatics subskripsie vir die jaar het geëindig. Met die dat ons knaap so ver vooruit gewerk het het ek besluit ons gaan eers vir ‘n rukkie kyk wat is daar nog alles beskikbaar en ‘n paar proewe doen. Die kinders is natuurlik mal oor die veranderings. Elke program het immers sy eie uniekheid en nuwe lekkerte.

Ek het gedink ek deel met julle wat ons al ontdek het (ek sal later nog ‘n skrywe of 2 skryf oor ander wat ons probeer, want die lys van opsies is net te lank!) Lees voort

Categories: Graad 2, Graad R, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , , | 3 Kommentaar

Ons 2014 hoogtepunte

So is nog ‘n jaar vinnig besig om leeg te hardloop. Die een, voel dit vir my, is in ‘n oogwink verby. Ek gaan lieg as ek sê dat dit ‘n jaar net van maanskyn en rose was. Met ‘n baba in die huis, wat nog die waarde van slaap moet ontdek, was ons klomp maar heel party dae verlep. Dankie tog dat ons nie die “school run” moes doen nie. Ek is nie so seker of ek dit sou oorleef het saam met die huiswerk en al die ander skool aktiwiteite nie. Ons kon gelukkig ons pas aanpas by almal se energie en konsentrasie vlakke.

Tog was selfs die min slaap ‘n seën. Ek het geleer dat ek meer kan ontspan. Dat my kinders meer leer as ek minder in meng. En dat liefde en aandag baie dinge reg toor. God se genade is genoeg vir vandag en more sal vir homself sorg.

Maar terug na al die hoogtepunte wat ek wil deel. Ons 7-jarige het die jaar afgeskop met sy eerste 200 stuk legkaart. Dit was nogal ‘n uitdaging vir hom. Nou net ‘n paar maande later vra hy dat ons saam ‘n 1500 stuk aanpak en so stuk stuk bou hy dit. Natuurlik kla hy aan die einde dat ek te veel gehelp het en ruk toe weer groot dele uit mekaar en bou dit oor! Hy het dit so geniet dat ons nog ‘n 1000 stuk uit haal. Die is nou al amper klaar en hy het die meeste daarvan self gebou.

2014-11-20-1865 Lees voort

Categories: Graad 1, Kunsvlyt, Ons lees, Tuisonderrig, Voorskool, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , , | 8 Kommentaar

Hoender skootboek

DSCF6455

Ons het pas klaar gemaak met “Die Rooi Haan” van Freda Linde. Veral ons oudste het die boek baie geniet. Dit saam met die feit dat ons al soveel ander interessante hoender stories gelees/-luister het, was duidelik ‘n teken dat dit tyd was om bietjie meer oor hoenders te leer. Ons het ook “Diva Veronica“ van Marianna Brandt gelees en geluister na “Hendrik die hoenderhaan” (Daar is ‘n uittreksel van dit hier http://www.youtube.com/watch?v=sSx-VBmYNqM). Ons het meer oor hoenders gaan leer op http://mieliestronk.com/hoenders.html en sommer ‘n hele klomp hoender gedigte gelees uit DJ Opperman se “Klankies vir kleintjies” en “Kleuterverseboek” en Philip de Vos se “Mallemeule-man”. Lees voort

Categories: Graad 1, Gratis drukstukke, skootboek, Tuisonderrig, Voorskool, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , | 6 Kommentaar

Klimpvarkie skootboek

DSCF6447

Ons het die oulikste reeks lewende boeke ontdek – Natuurbiblioteek. Wel ons kon nog net 2 van hulle in die hande kry, Die Eekhoring en Die Krimpvarkie. Ons het ‘n rukkie terug ‘n skootboek oor die eekhoring gedoen. En nou een oor die Krimpvarkie. Die storie is so geskryf dat mens soveel oor die diertjies leer. Dan sluit die boek verder af met nog interessante feite oor krimpvarkies. Vir ons knaap was dit vreeslik interessant dat hulle selfs slange kan doodmaak en eet. Terwyl ons pop nie gedink het dat hulle kon swem nie.

Lees voort

Categories: Graad 1, Gratis drukstukke, Kunsvlyt, skootboek, Tuisonderrig, Voorskool, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , | 4 Kommentaar

Die doel van wiskunde

Ons probeer so hard om nie skool by die huis te speel nie. Ek dink egter ons is dikwels nog te vas gevang in die skool konsep. Skool het sy eie boksie vir wiskunde wat niks met die ware doel daarvan te doen het nie.

In die laer grade gaan wiskunde hoofsaaklik oor Lees voort

Categories: Tuisonderrig, wiskunde | 1 Kommentaar

Wiskunde pret

Voor julle begin dink dat al wat ons doen lees en skryf is, wil ek darem bietjie van ons wiskunde pret ook deel. Dit is immers iets wat die kinders veel meer geniet.

Inkleursomme

DSCF5103 Lees voort

Categories: Gratis drukstukke, Tuisonderrig, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , , , , , | 3 Kommentaar

Wiskunde mal

Ons knaap is wiskunde mal op die oomblik. Ek dink nie hy besef dit mooi self nie. Baie van die dinge is vir hom net speel. En alles is vet pret.

Bo aan sy lysie is seker sy Little Professor. Daar is nie ‘n dag wat verby gaan wat hy nie ‘n keer of 2 die uit ruk en ‘n paar somme gaan maak nie. Hy doen nog net die optel en afrek op “level 1”, maar hy geniet dit vreeslik. Dis so interessant om te sien watter planne hy beraam om die somme te kan doen. Die tel blokkies was aan die begin ‘n wenner, maar nou raak hy lui. Dan gebruik hy sommer sy vingers of tel op die getalle kaart af. En dan is daar natuulik die kere wat hy regtig lui is en sommer dit op geheue probeer doen. Dan kry hy gewoonlik net so 3 uit 5 reg, maar ek dink nie dis te sleg vir ‘n 5 jarige nie. Ek het vir hom ‘n houer vir sy Little Professor gemaak. Nou kan hy die oral saam dra. So somme doen op die stoep of in die tuin is al te lekker.

Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Die woelwaters, Gratis drukstukke, Tuisonderrig, Voorskool, wiskunde | Sleutelwoorde: , | 7 Kommentaar

Blog at WordPress.com.