Ons knaap is wiskunde mal op die oomblik. Ek dink nie hy besef dit mooi self nie. Baie van die dinge is vir hom net speel. En alles is vet pret.

Bo aan sy lysie is seker sy Little Professor. Daar is nie ‘n dag wat verby gaan wat hy nie ‘n keer of 2 die uit ruk en ‘n paar somme gaan maak nie. Hy doen nog net die optel en afrek op “level 1”, maar hy geniet dit vreeslik. Dis so interessant om te sien watter planne hy beraam om die somme te kan doen. Die tel blokkies was aan die begin ‘n wenner, maar nou raak hy lui. Dan gebruik hy sommer sy vingers of tel op die getalle kaart af. En dan is daar natuulik die kere wat hy regtig lui is en sommer dit op geheue probeer doen. Dan kry hy gewoonlik net so 3 uit 5 reg, maar ek dink nie dis te sleg vir ‘n 5 jarige nie. Ek het vir hom ‘n houer vir sy Little Professor gemaak. Nou kan hy die oral saam dra. So somme doen op die stoep of in die tuin is al te lekker.

 

Verder is enige speletjie met getalle nou net die in ding. Dankie oom Johan vir die inkleur prente met somme! Ek kort net nog. Ek sien ek gaan my eie moet begin maak.

Dan is daar nog die tonne speletjies wat hy nie eers as somme sien nie. Die tangrams, sudoku (waaroor hy mal is), grafieke maak en kringetjies en kruisies speel met bottel doppies. Ek het die eerste prentjie sudoku gekry uit 3dinosaurs se drukbare aktiwiteit pakke. Dit was so ‘n treffer. Ek het dus nog ‘n klomp gewone 4×4 en 6×6 sudoku kaarte gaan aflaai en ons gaan nou die met kleure doen. Dis baie makliker as om telkens prentjies te moet in sit.

 

Die kinders maak al vir ‘n tyd lank grafieke met Smile se kleur en vorm dobbelstene. Toe ek egter op die oulike dinosourus weergawe af kom by http://livingmontessorinow.com/2011/08/18/montessori-inspired-dinosaur-unit/ moes ons dit net ook doen. Ek het toe dino prente af getrek by http://www.flickr.com/photos/jojoebi/1910437513/ en sommer ons eie dobbelsteen en dino kaart gemaak. Die dobbelsteen kan hier afgelaai word, Dino dobbelsteen, en die diagram hier, Dino diagram.

 

Wat vir my bitter snaaks is is dat my kinders baie van die speel in pas sommer voor ontbyt. Die van julle wat my ken, sal weet ek is glad nie ‘n oggend mens nie. Dit is dus nogal ‘n uitdaging. Ek het nou begin om goed reg te sit saans. Dan kan hulle soggens rustig aangaan, terwyl ek nog slaap dronk probeer om ontbyt te maak en ‘n koppie koffie te drink. Teen die tyd dat hulle klaar is is ek gewoonlik darem ook wakker.

Die grootste probleem is om vir kleinsus aktiwiteite te kry wat soortgelyk aan ouboet s’n is, maar wat sy kan baas raak. Soos ouboet nou net wil somme maak is sy weer op die verbeeldingspel stadium. Soggens begin ek deur te vra wie is sy vanoggend. Dis gewoonlik ‘n baba wurmpie, baba dinosaurus, baba leeutjie. Die baba deel is belangrik, sien want dan kan jy by die mamma in die bed kom kruip en eers lekker broei. Maar die spel gaan vir die grootste deel van die dag aan. Moenie vir haar vra wat wil Salomie vir middagete he nie, want die antwoord gaan waarskynlik iets wees soos “baba wurmpie wil ‘n broodjie he” (in so ‘n fyn skril stemmetjie).

En al die speelgoed loop deur. Die dino glaskrale word sommer hamburger broodjies, die hoela hopes word ‘n trein en so gaan die dag af. En sy is mal oor klei speel. Dan maak sy sommer een van haar gogga vriende, soos die duisendpoot in die foto hier onder. Natuurlik wil ek haar net opvreet. Al wat my ‘n gelukkiger ma sal maak is as ek klere aan daai lyf kan hou. Ek het gehoop die kaalbas stadium gaan verby wees na die winter. Met die eerste somer warmte was dit egter terug. Ons nuwe reel is nou dat sy net mag buite rond hol as sy ten minste is broekie of pantie aan het!